Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 2023

Annora Eksteen. Brandwaglimfknoopbiopsie

 

Brandwaglimfknoopbiopsie

 

dit is belangrik in die behandeling van borskanker

om te weet wat in die limfknope aangaan

 

die brandwaglimfknoop waar kankerselle eerstens

in sal dreineer is geëvalueer tydens my mastektomie

maar toe ek brandwag hoor, het ek gedink aan Hamlet

en die sneeuwind wat yskoud waai op die skansmure

van Elsinore-kasteel, waar die weer weggedraai het

van sy sorgvrye dae, en nou in veranderde lug, stink stik

van vuigheid, en hy verlang, o hy verlang, na sy goeie pa

 

tydens my mastektomie, met ‘n kerngeneeskundige tegniek

deur ‘n fyn naaldaspirasie, is limfnodeselle verkry vir ontleding

 

‘n week later sak ek ineen gestol waar al wat ek hoor

die harde voetstap van die patologieverslag was

 

okseldisseksie was die verwydering van ‘n blok weefsel

met nodes in die vetkussing waar senuweetjies toe sneuwel

 

ek was tog later skoon – skoon soos my lewe was in my gawe

stem, in die klank van my klavier met stemme wat sing in kirke

 

en daar was vrouens van tee en dose van dominees

kundig in die kuns van sny-kunde    die goedheid van vol self

so irriterend dat ek aan wolke dink en tog pretensievol saam

dobber in lieflike musiek verbeelde realisme

 

maar die teepotte het geroes terwyl hulle gesmul het aan potjiekos

kīnnōrs het gekraak nadat ek Va Pensiero kon dirigeer

gemaalde Swarokski het ek seer afgesluk, my gorrelgat gesny

my stembande beseer, en ek kon nie daaroor kom nie

my maagensieme vernietig, in stukke gebrand, in stukke bolle bloed

in ‘n swart boek aborsie van suur skuim het dit begin

die uitskot van mense se drek in ontlasting

in die tydelike verligting wat dit bring

 

– nou –    juffrou Annie sal nie kan kom nie

na daardie troues in daardie kirke    van verwerping

 

so dryf uit, dryf stil uit, dryf, gly saam in stil wolke, gly

tot alles oor yonder sneeuberge in die yonder verdwyn

die kruipende verskyning van die openingsteks

die verdwynende dofwordende afsluitingsteks

 

dit gaan glad nie goed

met haar nie

 

© Annora Eksteen, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Annora Eksteen. Mastektomie
Annora Eksteen. Chemoterapie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d