Blindelings
Hualuronsuur met ‘n naald
haarfyn ingespuit
langs mondhoeke, lippe, wange
om die spore van tyd en verwering
uit te vee, dan onverklaarbaar
‘n bloedvat na ‘n retina af te sluit;
‘n swart gordyn wat voor jou netvlies sak
soos aan die einde van die laaste bedryf.
“Spieëltjie spieëltjie aan die wand,
wie’s die mooiste in die land”…
in die land van die blindes my kind,
bly eenoog steeds die koningin.
© Hendrik J. Botha, 2023