Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 May 2023

Thomas Friz & Volker von Törne. Liedvertaling in Afrikaans

 

Thomas Friz & Volker von Törne. Liedvertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal

 

ʼn Ouderwetse natuurlied wat toe heel nuwerwets blyk te wees

 

Thomas Friz het sy musiekloopbaan in 1971 begin, eers in samewerking met Erich Schmeckenbecher as duo onder die naam Zupfgeigenhansel. Op sy eie het hy hom ook op die uitvoering en opneem van Jiddisje en Duitse volksliedere toegelê. Algaande het hy begin om gedigte te toonset van digters soos Theodor Kramer, Heinrich Hoffmann von Fallersleben en Kurt Tucholsky. Estetiese en kulturele oorwegings het hom dus aangespoor, hoewel hy beslis nie polities apaties gestaan het nie, soos ons later in die liedvertalingsreeks sal hoor.

Die pragtige “Erinnerung an Sapounakeika”, oftewel “Herinnering aan Sapounakaíika”, is ’n toonsetting deur Friz van ’n stemmingsvolle, weemoedige gedig deur Volker von Törne. Laasgenoemde het grootgeword as seun van ʼn SS-offisier in Nasionaal-Sosialistiese Duitsland, maar hom in sy volwasse lewe beywer vir boetedoening teenoor en versoening met slagoffers van daardie regime – waaronder die Grieke. Sapounakaíika, is ʼn bergagtige streek in Griekeland.

 

Erinnerung an Sapounakeika

 

Aufsteigt der Mond, das Brot der Träume

Die Sonne glüht im Glas als Wein

Das Weltall ruht im Laub der Bäume

Und Katzen streichen uns ums Bein

 

Schließ deine Augen: Komm, wir fliegen

Durch diese Nacht bis auf den Grund

Des dunklen Brunnens, wo wir liegen

Ein Atem nur und nur ein Mund

 

Ein Weinen nur und nur ein Lachen

Ein Leben nur und nur ein Tod

Ein Schlaf nur und nur ein Erwachen

Zu Meer und Sonne: Salz und Brot

 

  • Teks: Volker von Törne (1934-1980; Verlag: Klaus Wagenbach, Berlin); toonsetting: Thomas Friz (uit die CD-album Heimatland, ade, Verlag: ‘pläne’ GmbH, 1996; die opname kan afgelaai word te https://open.spotify.com/track/47aPLiLAL8cu4r4l3vImQE#login)

 

***

Herinnering aan Sapounakaíika

 

Daar rys die maan: ’n baksel drome;

die son is ’n glas wyn wat glim.

Die heelal hang met loof aan bome

en katte skuur teen mens en spin.

 

Sluit nou jou oë: Voel hoe stort ons

deur gans die nag tot in die grond

se donker putte. Hoor hoe hort ons:

een asem net en net een mond.

 

Daar word gehuil en gekerjakker;

daar word geleef, dan daag die dood.

Eers slaap jy, en dan skrik jy wakker

vir see en sonskyn: sout en brood.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Thomas Friz & Volker von Törne. Liedvertaling in Afrikaans →

2e gedagtes oor “Thomas Friz & Volker von Törne. Liedvertaling in Afrikaans”

  1. Gerard Scharn says:
    22 May 2023 at 20:46

    Beste Bernard,

    een mooi project waar je mee bezig bent. Succes met het vervolg.

    Reply
    1. Bernard Odendaal says:
      23 May 2023 at 22:01

      Bedankt, Gerard!

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Wenners van Desembergedigte-kompetisie
  • Joan Hambidge. Eddy van Vliet en “Hierdie mens”
  • Marthé McLoud. Selfportret van ’n Maan
  • Marthé McLoud. Valentynsdag
  • Miel Vanstreels. Spieëlpraat

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Brandoffers13 February 2026

    Sou daar by jou wou sit, Daniel, en die lekkerte sien opgaan in rook.

  2. Willem Van der Merwe on Willem S van der Merwe. Haai Koes!9 February 2026

    Dankie Joan! Ek sal mooi luister :)

  3. Joan Hambidge on Willem S van der Merwe. Haai Koes!7 February 2026

    Hoe lekker lag ons nou. Mooi! Luister na Oom Daan. Hy sal kies en uitsoek.

  4. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman. Mettertijd4 February 2026

    Boeiende gedig. Die “oprisping van seconden” later almal opkyk!

  5. Gerard Scholtz on Marius Scholtz. Breyten se reis na vryheid vanuit Pollsmoor2 February 2026

    Aandoenlik Marius. Dankie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d