Thomas Friz & Volker von Törne. Liedvertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal
ʼn Ouderwetse natuurlied wat toe heel nuwerwets blyk te wees
Thomas Friz het sy musiekloopbaan in 1971 begin, eers in samewerking met Erich Schmeckenbecher as duo onder die naam Zupfgeigenhansel. Op sy eie het hy hom ook op die uitvoering en opneem van Jiddisje en Duitse volksliedere toegelê. Algaande het hy begin om gedigte te toonset van digters soos Theodor Kramer, Heinrich Hoffmann von Fallersleben en Kurt Tucholsky. Estetiese en kulturele oorwegings het hom dus aangespoor, hoewel hy beslis nie polities apaties gestaan het nie, soos ons later in die liedvertalingsreeks sal hoor.
Die pragtige “Erinnerung an Sapounakeika”, oftewel “Herinnering aan Sapounakaíika”, is ’n toonsetting deur Friz van ’n stemmingsvolle, weemoedige gedig deur Volker von Törne. Laasgenoemde het grootgeword as seun van ʼn SS-offisier in Nasionaal-Sosialistiese Duitsland, maar hom in sy volwasse lewe beywer vir boetedoening teenoor en versoening met slagoffers van daardie regime – waaronder die Grieke. Sapounakaíika, is ʼn bergagtige streek in Griekeland.
Erinnerung an Sapounakeika
Aufsteigt der Mond, das Brot der Träume
Die Sonne glüht im Glas als Wein
Das Weltall ruht im Laub der Bäume
Und Katzen streichen uns ums Bein
Schließ deine Augen: Komm, wir fliegen
Durch diese Nacht bis auf den Grund
Des dunklen Brunnens, wo wir liegen
Ein Atem nur und nur ein Mund
Ein Weinen nur und nur ein Lachen
Ein Leben nur und nur ein Tod
Ein Schlaf nur und nur ein Erwachen
Zu Meer und Sonne: Salz und Brot
- Teks: Volker von Törne (1934-1980; Verlag: Klaus Wagenbach, Berlin); toonsetting: Thomas Friz (uit die CD-album Heimatland, ade, Verlag: ‘pläne’ GmbH, 1996; die opname kan afgelaai word te https://open.spotify.com/track/47aPLiLAL8cu4r4l3vImQE#login)
***
Herinnering aan Sapounakaíika
Daar rys die maan: ’n baksel drome;
die son is ’n glas wyn wat glim.
Die heelal hang met loof aan bome
en katte skuur teen mens en spin.
Sluit nou jou oë: Voel hoe stort ons
deur gans die nag tot in die grond
se donker putte. Hoor hoe hort ons:
een asem net en net een mond.
Daar word gehuil en gekerjakker;
daar word geleef, dan daag die dood.
Eers slaap jy, en dan skrik jy wakker
vir see en sonskyn: sout en brood.
Beste Bernard,
een mooi project waar je mee bezig bent. Succes met het vervolg.
Bedankt, Gerard!