Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 June 202317 June 2023

Thomas Friz & Volker von Törne. Liedvertaling in Afrikaans

 

Thomas Friz & Volker von Törne. Liedvertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal

 

 ʼn Besinningslied oor die spanningsverhouding tussen skrywerskap en politiek

 

Deur middel van die vorige liedvertalings in hierdie reeks, en die konteksskeppende aantekening daarby, kon die verhaal van die Liedermacher-beweging gevolg word tot in die laat negentien-sewentigs.

Intussen, moet ’n mens nie vergeet nie, was Duitsland steeds in twee verdeel; die Skandmuur het steeds gestaan. Die Ystergordyn het nog swaar gehang tussen die kapitalistiese Weste en die kommunistiese Ooste.

Pogings van Oos-Duitse burgers om uit hul land te vlug na die Weste het onverpoosd voortgegaan. Die onderdrukkende politieke bedeling daar, en die kwyning van die kommunistiese nywerhede en ekonomie, het gewone mense aangevuur om hulle vryheid en heil in die Weste te gaan soek. Berekeninge wil hê dat meer as 5 000 ontvlugtingspogings oor die Berlynse Muur alleen aangewend is, waarvan meer as 3 000  misluk en tot inhegtenisnemings en swaar strawwe en onderdrukking aanleiding gegee het.

Tussen 1974 en 1976 het die Oos-Duitse regering die Muur verder versterk en die bewaking daarvan verskerp. Dis asof dit ’n verbete strewe geword het om die Muur tot ’n onoorkomelike hindernis uit te bou. Hoe koelbloedig die Oos-Duitse grenstroepe geword het, toon byvoorbeeld die gebeurtenis in 1975 toe dié troepe hulp geweier het aan twee klein Wes-Berlynertjies wat in die moeilikheid geraak het in die Spreerivier nadat hulle bootjie omgeval het. Hulle is sienderoë toegelaat om te verdrink.

Op 7 Oktober 1977 het Oos-Duitse jeugdiges tydens republiekdagvieringe uit frustrasie handgemeen met die Volkspolizei geraak. Hulle het “Die Mauer muβ weg!” (Die Muur moet weg!) gedreunsing, maar die opstand is bloedig onderdruk en drie jongmense het gesterf.

Vryheid van spraak, van gewete en kunsbeoefening is, soos dikwels in ander kommunistiese lande van daardie tyd, ernstig gekortwiek.

Die nywerheidsverval in die kommunistiese Ooste, en die gevare wat onverantwoordelike omgang met kernkrag en kernwapens in daardie stadium vir die wêreld ingehou het, is versinnebeeld deur die kernreaktorkatastrofe by Tsjernobil in Sowjet-Rusland.

Dit alles het die Liedermacher-beweging, wat in elk geval as identifiseerbare stroming aan die verval was, in ’n identiteitskrisis laat beland. Dieter Süverkrüp, oor wie se “Kersies op slagroom” daar ’n vorige keer in hierdie reeks geskryf is, het na aanleiding van die Tsjernobil-voorval aangekondig dat hy nie meer as Liedermacher bekend wil staan nie. Sy argument was dat ’n katastrofe van die Tsjernobil-soort, asook die verskeurde sosiaal-politieke toestande in die wêreld, ’n bewys was dat bemoeiing met liedskepping en die strewe om daardeur ’n maatskaplike invloed uit te oefen, ydel geblyk te gewees het. Volgens hom het dit absurd geword om nog as Liedermacher te wil werk.

Die digter Volker von Törne (1934–1980), van wie ons eweneens voorheen in hierdie reeks verneem het, het in sy gedig “Frei wie ein Vogel” (“Vry soos ’n voël”) die gespanne verhouding tussen skywerskap en politiek aan die hand van slagoffers uit die Duitse geskiedenis uitgedruk. Die verwysings na die droewige lot van bepaalde literêre figure word nogal kripties aangebied; in die Afrikaanse vertaalpoging word dus vryer as gewoonlik met die oorspronklike stelwyses omgegaan om betekenistoeganklikheid te probeer bevorder.

G’n wonder dat een van die belangrikste Liedermacher, en een wat al herhaaldelik in hierdie reeks vermeld is, naamlik Thomas Friz, dié gedig sou toonset nie. Dit verwoord die problematiese verhouding wat talle van die Liedermacher met hul vaderland aangevoel het, juis in die jare sewentig en tagtig. In die lied hoor ons die name van enkele Duitse skrywers uit die verlede wat gely het, wat selfs vervolg, gemartel en doodgemaak is, weens heersende sosiopolitieke of religieuse beskouings. Vir Thomas Friz was so ’n vervolgingservaring nie net ’n abstraksie nie. Sy uitgesproke links-liberale politieke oortuigings het in Januarie 1994 tot gevolg gehad dat hy in ’n voorval so erg deur regs-radikale Skinheads aangerand is, dat hy ’n hele ruk in die hospitaal moes deurbring.

Tragies soos sulke gebeure is, bewys hulle ironieserwys dat die pogings van die skrywers en Liedermacher miskien nié so absurd is as wat Dieter Süverkrüp gevrees het nie. Hulle vervolging is juis ’n teken dat wat hulle sê en sing, tog ernstig opgeneem word – al is dit om die verkeerde redes.

 

Frei wie ein Vogel

 

Sänger bin ich, und ich sing

Mir die Dunkelheit vom Leib

Damit ihr nicht, wie den Von Kleist

Mich nackt in eine Grube schmeißt

Bevor aus deutscher Finsternis

Ich mir ein Stückchen Leben riß

 

Ich grüß, getrost auf Messers Schneid’

Herrn Walther von der Vogelweid’

Der auch in diesem Vaterland

Erst unterm Rasen Ruhe fand

In Würzburg, wo ein Knecht hernach

Des Riemenschneiders Hände brach

 

Ja, Hochverrat und Hirngespinst’

Nennt dieses Volk die Schönen Künst’

So zog in eines Feuers Rauch

Von dannen Quirin Kuhlmann auch

Ach! endlos ist die Litanei

Des Leids… im Lande Vogelfrei

 

O Land der Träumer und der Toten

Die dem Tod die Stirn geboten

Und mußten doch ins Dunkel fliehn

Wie jener Friedrich Hölderlin

Der, daß er unter Deutsche kam

Sich zu sehr zu Herzen nahm

 

Wie in Paris einst Heinrich Heine

So lieg ich schlaflos nachts und weine

O Volk, das sich bei Marschmusik

Dreht um den Hals den eignen Strick

Du hast die Freiheitsmelodien

Deinen Sängern nie verziehn

 

O Volk der treuen Untertanen

Mit Hakenkreuz und Abgasfahnen

Im Land, das mir einst Heimat war

Mit Apfelbäumen, Mädchenhaar

Das meinen Mund mit Schweigen schlägt

Und das mir doch das Herz bewegt

 

  • Teks: Volker von Törne (uit die bundel Im Lande Vogelfrei, Verlag: Klaus Wagenbach, Berlyn, 1981); toonsetting: Thomas Friz (ingesluit op die CD Heimatland, ade, Verlag: ‘pläne’ GmbH, 1996); te beluister by die volgende internetskakel: https://www.youtube.com/watch?v=o5upXY32OHI

 

***

 

Voëlvry

 

Sanger is ek, en ek sing

om die duister te verdryf.

Von Kleist se lot skrik mens so af:

’n selfmoord en ’n niemandsgraf …

Al stem my Duitsland my morbied

gryp ek na lewe met my lied.

 

Ja, middeleeus kan lirikus

Von der Vogelweide rus.

Hy was in dié verdwaasde land

teen onreg ridderlik gekant …

in Würzburg, waar hy rus, is wéér

kritiek met kru geweld besweer.

 

Soos hoogverraad en heksery

word kunste hier met vuur bestry;

selfs in die verre buiteland

moes – ketters! – Quirin Kuhlmann brand.

Ag, ewig hou die klaaglied aan

oor leed … in hierdie voëlvryland.

 

O land van dromers, doodsveragters,

nuwe-daeraad-verwagters –

maar wat die nag soos straf uitdien

as nóg ’n Friedrich Hölderlin,

wat Duitsheid as bestaansprobleem

alte veel ter harte neem.

 

Soos in Parys eens Heinrich Heine

lê ek ook wakker langs ’n Seine:

O, volk wat marsmusiek hoor speel

– ’n tou geknoop om eie keel –

vir liedkuns van die vrye gees

was jy altyd doof gewees.

 

O, volk van troue onderdane,

van hakekruise, as-rookvaandels;

o, land van toet, geboortegrond,

met appelbome, meisies blond;

o, land wat my met stomheid slaan …

en tog my hart aan ’t sing laat gaan!

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Klaus Hoffmann. Liedvertaling in Afrikaans

2e gedagtes oor “Thomas Friz & Volker von Törne. Liedvertaling in Afrikaans”

  1. Bernard Odendaal says:
    15 June 2023 at 15:33

    Beste Gerard

    Ek was as sestienjarige seun in Oos-Berlyn op ‘n halfdagbesoek saam met ‘n klein groepie Suid-Afrikaanse skoliere. Ons moes vergesel gaan van ‘n Oos-Duitse amptenaar en is daarop gewys dat net sekere besienswaardighede gefotografeer mog word: die Brandenburger Tor, die Kriegsgedenkmal, die hoofgebou van die Humboldt Universitat … Die amptenaar het ons na ‘n kafee geneem waar ons iets te ete en drinke kon koop. Ek en een van my mede-skoliere het egter, toe die amptenaar wegkyk, by ‘n ander winkeltjie ingeglip as die een wat hy aangewys het. Dit was skokkend om te sien hoe leeg die rakke in daardie winkeltjie was, in vergelyking met die een waarin ons eintlik toegelaat was om te kom. Seker ‘n soort “window-dressing” vir buitelandse besoekers gewees … Net mooi ‘n jaar gelede was ek bevoorreg om weer in daardie dele van Berlyn te kon rondstap, en te sien hoe dit glad nie meer so duidelik te onderskei is van wat eens Wes-Berlyn was nie!

    Reply
  2. Gerard Scharn says:
    15 June 2023 at 12:27

    Beste Bernard,

    eenmaal heb ik een bezoek gebracht aan Oost-Duitsland, toen de muur nog stond. Een bijzonder ervaring, vol tegenstrijdigheden, waar ik nu weer aan terugdenk. Het grauwe Oost-Berlijn en de tegenstelling met West-Berlijn. Het platteland, het bezoek bij een dominee, die op zondag vijf hoogbejaarden in zijn kerkje had en na afloop van de dienst op het kerkplein op een trompet speelde. Het bezoek aan een cafe waar je in een rij moest gaan staan om binnen gelaten te worden. Drie er uit, drie er in, om als je eenmaal aan de tap stond te horen dat het sluitingstijd was.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d