KAAPSE LUIPERD
(‘n Pastiche op “Bengaalse tier” van Johann de Lange)
Die bergpaadjie is ‘n bruinkapel
wat na modderpoele gulsig lek:
vanuit die digte fynbos verrys
‘n ritseling van swart-en-geel windrosette
en dit besin met oniks tuur verdoeseld
hul vroom en langsamerhand
tot voorop gespanne sprong dit
omswenk en retireer met korter sluip – die luiperd.
Binne spier onder springende patroon
verskiet verstolde sprong.
Blitsig dit, gryp dit hul met die vrees
van vlees, met hul waansinnig’ mag,
blits dit, is dit donderende wind,
‘n droogte.
© Floris van Zyl, 2023