oor Eskomme & somme
(met apologie aan Johann de Lange se ‘oor blomme en bomme’)
Oor Eskomme het ek nog nooit gedig, mister
Eskomme & substasies & spreadsheets.
Ek verwyt elke loadshedding stage
wat nie geheilig word nie
(Eskomme klink soos Eksomme
wat lyk soos ek + somme),
& elke blackout
‘n blinddoek teen die blankheid
van ‘n muur.
Koerante beweer: ons het geen deel
aan die breuk van krag. Mag wees
(tot die tweede) mag wees.
Dóg. Eskomme & sub-substasies & SUM’s:
is als nie bloot ‘n dobbelspel
met huishoudings nie? Eskomme probeer:
die Rampokkers het Du Ruyter met Eskomme
verinneweer. somme & stages & SUMIF’s.
Kon ek nou deel word van ander se lig
wat meer as lig is,
maar gas & inverter & sonpaneel,
sou ek dalk geleer het loadshedding
is eintlik ‘n resiprook gehalveer kwadraat.
loadshedding is ‘function not found’, mister.
© Floris van Zyl, 2023