oor als
ek is orals
want nêrens
is ʼn plek
dit ís, ek is in die
aarde uit die grond gegrou uit die
lug gegryp en opgegooi
vuur daai ding in die rigting van die hart; toe –
water dit af tot versinsel
tot redelose redes gekruip
uit die skulpe van jou skuld
ek is orals
ek is oor als
ek is óór als
© Mariëtte van Graan, 2023