Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 July 2023

Mariëtte van Graan. Vurige bees

 

Vurige bees

 

Dié buffel ken gʼn metafisika:

hy soek die biltong

en die brandewyn

hy sal sy kallers dissiplineer

vuiste in sy vyand sla

sy luste vir die koei verweer

as verpligte samesyn

maar geen vrae oor môre vra –

 

hy vat sy brannas met eish, ja,

dié buffel ken gʼn metafisika.

 

Alleen dié vurige bees

groei in sy swerwe

tussen hede, toekoms en verlede

oogklappe teen die spieëls

van die rede:

hy slyp sy lang mes

langs die braaivleisvuur,

raas angstig soos ʼn leë blik

oor almal wat hom wil vermoor,

stuur saans gebedjies op whatsapp

en moet beswerend op die muur

van sy facebook page die ou vlag verf.

 

te hel met die metafisika

die oer-aap in homself

volg, buig of bars,

enduit sy blindheid na

die prikkels van sy brein

word ʼn Koeksister, ʼn penis portret,

ketties, sannas,

klaagliedere oor woke liberals

et cetera.

 

En voor sy besete refleksie op die skerm

verklaar die enkeling

verwaand

hy sal ook nie terugskrik

vir die alles-uitwissende-slagveld –

maar stukkend lê alreeds

sy brose oppergesag

oor die bose skoonhede en die ander kleur.

 

Hy sluk nog brannas met eish, ja –

Dié buffel ken gʼn metafisika.

 

 

© Mariëtte van Graan 2023

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Mariëtte van Graan. oor als
Mariëtte van Graan. Man in marmer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d