Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 July 2023

Mariëtte van Graan. Vurige bees

 

Vurige bees

 

Dié buffel ken gʼn metafisika:

hy soek die biltong

en die brandewyn

hy sal sy kallers dissiplineer

vuiste in sy vyand sla

sy luste vir die koei verweer

as verpligte samesyn

maar geen vrae oor môre vra –

 

hy vat sy brannas met eish, ja,

dié buffel ken gʼn metafisika.

 

Alleen dié vurige bees

groei in sy swerwe

tussen hede, toekoms en verlede

oogklappe teen die spieëls

van die rede:

hy slyp sy lang mes

langs die braaivleisvuur,

raas angstig soos ʼn leë blik

oor almal wat hom wil vermoor,

stuur saans gebedjies op whatsapp

en moet beswerend op die muur

van sy facebook page die ou vlag verf.

 

te hel met die metafisika

die oer-aap in homself

volg, buig of bars,

enduit sy blindheid na

die prikkels van sy brein

word ʼn Koeksister, ʼn penis portret,

ketties, sannas,

klaagliedere oor woke liberals

et cetera.

 

En voor sy besete refleksie op die skerm

verklaar die enkeling

verwaand

hy sal ook nie terugskrik

vir die alles-uitwissende-slagveld –

maar stukkend lê alreeds

sy brose oppergesag

oor die bose skoonhede en die ander kleur.

 

Hy sluk nog brannas met eish, ja –

Dié buffel ken gʼn metafisika.

 

 

© Mariëtte van Graan 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mariëtte van Graan. oor als
Mariëtte van Graan. Man in marmer →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d