Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 June 2023

Bester Meyer. Dubbeldoos

 

Dubbeldoos  

 

ek sit in die paleis van justisie

vasgegrendel aan die banke

soos ʼn Madiba van ouds –

snak na my asem

in die wete dat:  

die oë van die waarheid

dra die maskara van die leuen

 

dat die weg, as die waarheid, en ook die wysheid

nie verstaan kan word sonder die kloppende boosheid alom:

en in my voer die dubbeldink

(nou al) ʼn uiteinde in die mou

 

ek praat met die advokaat

opper my afgewaterde gebede

vir ʼn korporatiewe kont

én kruisig Madiba aan die loodglasplafonne

sien hom sit saam met die sekuriteitswagte

in ʼn glimlaggende allemans-gewaad

 

dit, terwyl ek die ego streel-na-sterre

met die kierang van ʼn geregtigheid

gemaak’t uit wat môre-se hand nie kan liefhê

sónder ʼn sekere mate van begrip vir gister se lesse nie

 

Madiba hier tereggestel in terme van die wet op terrorisme

en ek hier op verhoor aan hand van die wette van die man:

dat geregtigheid beide vraag en aanbod omvat (?)  –

óf gee ek myself oor aan juis dit

wat besweer moet word

om my daarop te (kan) beroem

dat oorlog vrede is

en vryheid slawerny –

 

én dat dit wat soos die etter en swere van ouds

vir Mabida gekerker het vir wat demokrasie sou word

mý nou na die begraafplaas stuur

aan hand van ʼn spoegseltjie woorde

wyer as die soeke na waarheid,

en – skraler –

as enige heer se genade

 

© Bester Meyer, 2023

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. Illusie van Naaste-Liefde
Bester Meyer. waar jy ek word →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d