Dryf
Ek sprei my uit, ‘n ope blaar
wat op sy rug, vry, stroomlangs vaar.
Nie lank nie of my middellyf
word swaar en sink, versteur die dryf:
selfs rus, die losmaak van die plig,
vereis ‘n spanning in die rug.
©Marieta McGrath, 2023
(Renboot, NP Van Wyk Louw, Versamelde gedigte, 1981: Tafelberg / Human & Rousseau)
Dankie vir fyn dink en skryf, Marieta. Leunis
Dankie, oom Leunis!