Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 June 2023

Marieta McGrath. jan pierewiet

 

jan pierewiet

 

terwyl sy na die wekker tas

sug hy log langs haar

terwyl sy voete in pantoffels steek

snork hy met ontblote bors

terwyl sy kosblikke toedruk

skree hy vir sy koffie

terwyl sy kneusplekke toeverf, soen hy haar in die nek

 

as sy straataf loop

fluit hy deur die oop venster

as sy ekskuus tog vra

bly hy staan

en praat van haar sexy hol, haar tiete

sy konvergeer in sy geil oog

die wêreld word ‘n saamgestelde, geil oog

 

toe sy die hysbakknoppie druk

skuur sy hand teen haar heup

toe sy fakture uittik, kom die boodskap deur

hy soek haar ten duurste, hy soek haar goedkoop

toe sy nee sê, skryf hy dit neer

 

miskien moet sy nog vroeër opstaan vir sy koffie

of dalk ‘n kursus doen om beter te kook

miskien moet sy ‘n jas dra in die somer

of minder straataf loop

miskien moet sy hom aankla

maar wie sal haar glo as sy skuldig bevind word?

en wie sal haar glo dat ‘n vrou vir haar vryheid altyd betaal met verlies?

 

Franziska het gaan draf in Tokai

Uyinene het ‘n pakkie by die poskantoor gaan haal in Claremont

Aviwe Wellem het in Dutywa rys gekook

Anene Booysen was saam met haar boyfriend

 

die MeToo-beweging is net vir diesulkes

dink sy en gaan aan met haar lewe

#AmINext gebeur miskien môre

dink sy en loop met die straat af

 

maar terwyl sy haar verhoging vier, sien sy: haar manlike ondergeskikte grinnik

terwyl sy die verband teken, hoor sy: hy sit ‘n nuwe kombuis in

in haar eie kombuis op die Defy yskas

hang skuldige skedules van gesondheidskos vir haar gesin

in haar agterkop hang skuldige skedules van afstof

in haar dagboek is die skuldige skedules van vriendinne, werk en huwelike wat verpas is

 

die man wat oor haar heers

verrys uit die see

die een na wie sy hunker

is die bloed wat haar drinkwater kleur

sy verweer haar nie

teen hom wat glo hy mag

hom so vergryp aan mag

 

(Jesus het die Joodse vroue dogters

van Abraham genoem

– hul so tot gelyke status verhef)

 

sal haar beeld ooit mens genoeg word om hemelse oorloë te ontketen?

‘Klee haar met die son die maan pulsars en sterrestelsels

bou skuilings in die woestyn, bou skuilings vir haar kinders

gee haar vlerke, gee haar ‘n aarde wat sy mond oopmaak

en riviere insluk en slangkoppe vertrap

rig haar tempel weer op –

want sy is óók

‘n afstammeling van Abraham.’

 

© Marieta McGrath, 2023

 

 

(die hiefel en die fiefel, Antjie Krog, Verweerskrif, 2006: Kaapstad. Umuzi.)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marieta McGrath. Dryf
Marieta McGrath. Zombie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d