Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 June 2023

Marieta McGrath. jan pierewiet

 

jan pierewiet

 

terwyl sy na die wekker tas

sug hy log langs haar

terwyl sy voete in pantoffels steek

snork hy met ontblote bors

terwyl sy kosblikke toedruk

skree hy vir sy koffie

terwyl sy kneusplekke toeverf, soen hy haar in die nek

 

as sy straataf loop

fluit hy deur die oop venster

as sy ekskuus tog vra

bly hy staan

en praat van haar sexy hol, haar tiete

sy konvergeer in sy geil oog

die wêreld word ‘n saamgestelde, geil oog

 

toe sy die hysbakknoppie druk

skuur sy hand teen haar heup

toe sy fakture uittik, kom die boodskap deur

hy soek haar ten duurste, hy soek haar goedkoop

toe sy nee sê, skryf hy dit neer

 

miskien moet sy nog vroeër opstaan vir sy koffie

of dalk ‘n kursus doen om beter te kook

miskien moet sy ‘n jas dra in die somer

of minder straataf loop

miskien moet sy hom aankla

maar wie sal haar glo as sy skuldig bevind word?

en wie sal haar glo dat ‘n vrou vir haar vryheid altyd betaal met verlies?

 

Franziska het gaan draf in Tokai

Uyinene het ‘n pakkie by die poskantoor gaan haal in Claremont

Aviwe Wellem het in Dutywa rys gekook

Anene Booysen was saam met haar boyfriend

 

die MeToo-beweging is net vir diesulkes

dink sy en gaan aan met haar lewe

#AmINext gebeur miskien môre

dink sy en loop met die straat af

 

maar terwyl sy haar verhoging vier, sien sy: haar manlike ondergeskikte grinnik

terwyl sy die verband teken, hoor sy: hy sit ‘n nuwe kombuis in

in haar eie kombuis op die Defy yskas

hang skuldige skedules van gesondheidskos vir haar gesin

in haar agterkop hang skuldige skedules van afstof

in haar dagboek is die skuldige skedules van vriendinne, werk en huwelike wat verpas is

 

die man wat oor haar heers

verrys uit die see

die een na wie sy hunker

is die bloed wat haar drinkwater kleur

sy verweer haar nie

teen hom wat glo hy mag

hom so vergryp aan mag

 

(Jesus het die Joodse vroue dogters

van Abraham genoem

– hul so tot gelyke status verhef)

 

sal haar beeld ooit mens genoeg word om hemelse oorloë te ontketen?

‘Klee haar met die son die maan pulsars en sterrestelsels

bou skuilings in die woestyn, bou skuilings vir haar kinders

gee haar vlerke, gee haar ‘n aarde wat sy mond oopmaak

en riviere insluk en slangkoppe vertrap

rig haar tempel weer op –

want sy is óók

‘n afstammeling van Abraham.’

 

© Marieta McGrath, 2023

 

 

(die hiefel en die fiefel, Antjie Krog, Verweerskrif, 2006: Kaapstad. Umuzi.)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Marieta McGrath. Dryf
Marieta McGrath. Zombie →

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Vrijgeleide voor piekeraars
  • Anne-Marie Bartie. logos (grieks- meervoud logoi)
  • Bert Bevers. Schommels zonder
  • Nuwe bundel: Rumi: Liefdesverse en aanhalings
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Eduan Naude on Eduan Naudé. Aksent7 December 2023

    Ag dankie Nini ;)

  2. MC du Plessis on Anne-Marie Bartie. Soluswese6 December 2023

    "Gedigte vertaal iets wat buite gebeur na die letterkunde toe. Die geslaagde gedig spreek tot die diepste emosie en nie…

  3. Nini Bennett on Eduan Naudé. Aksent5 December 2023

    Wat 'n heerlike gedig, Eduan!

  4. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  5. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon