Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 July 2023

Eduan Naudé. Tik

 

Tik

Met apologie aan Seamus Heaney

 

Op die tafel van my bobene staan

my oop skootrekenaar; horisontaal.

 

Die sagte klik-klak-klank wat die knoppies maak

herinner my aan naskool wag tussen kantoorlessenaars:

my ma, wat sit en tik. Ek kon my verstaar

 

aan haar gebuigde rug, geken tussen rye op rye ander

wat in die stowwerige vertrek die jare om werk,

‘n rat in die ritmiese draai van toe se uitvoerende gesag

terwyl sy die hel uit haar tikmasjien slaan.

 

Sy het haar kop altyd na eenkant toe geknak, helder die oë

wat nooit van die bronmateriaal sou wegkyk nie.

Haar vingers kon dans, flink die letters laat spring

teen die inklint vas slaan en swart afdruk sinne agterlaat.

Behendig lig haar hand as sy die rollermeganisme terugskyf.

 

My moer, maar my ma kon daai sleutels laat sing.

Nes haar ma.

 

My ouma kon meer woorde per minuut tik

as enige ander vrou vanaf die Verwoerdburgtegnikon.

Sy het my eenmaal vertel hoe haar jonger lyf

vir meer as agt-ure foutloos getik het. Haar arms was moeg

en haar vingers styf, maar klaar moes sy die werk kry

met diensdoende deursetting en bereidwilligheid,

so het sy later die magistraat se gunsteling tikster geword

en vir twee dekades lank dit gebly. Dié tikster.

 

Die ou reuk van ink en papier, die meganiese weergalm

van vroumensmasjiene wat tik vir ure aaneen

in ‘n beknopte oopplankantoor bly by my.

Waar sou ek vandag so goed getik kon kry.

 

Op my skootrekenaar, met my een wysvinger

Google soek ek chatGPT.

Ek sal tik met dit.

 

© Eduan Naudé, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Eduan Naudé. Vuurvalk
Eduan Naudé. Hoe om Japannese poësie te skryf →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d