Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 July 2023

Bester Meyer. Die Koms van die Rassis

 

Die Koms van die Rassis

(na NP van Wyk Louw)

 

Die mans het hom die eerste gewaar

toe die stof van die Nakba hom uit die verlede sou baar:

hy’t gekom oor landerye wat by voorvaders afgevat is

nou ʼn tuiste waar hul kinders in gehuggies rus –

die Jenin Vlugtelingekamp huis vir martelaars

tog gee internasionale bondgenote bes

word die onderdruktes omskryf as ʼn verwronge wespenes

van rebelrooi-hart wraaksugtige terroriste

maar is hul nie bloot net geskiedeniskompromiste

wat heenkome mos vind vir hulle volk en mense?

Hulle wat nou weereens uit huise geboender word

ten aanskou van die pers se kan-dit-nie-ontken-nie-lense.

En die wysgere van hul stam het geweet dat die dag sou kom

wanneer die wêreld op sou staan om toe te gee: “Die Rassis het gekom!”

– die Israemerikaners wat nie kan erken dis oorlogsmisdaad dié

uit swart en duister redes is hulle beleidsriglyne saamgeflans,

terwyl die mismaaksel, blywend, teen die Wesbank dans.

 

Oor die woestynvlaktes het hy te voorskyn gekom

in middernagtelike uur met die knal van skouermortiere wat ore stom;

skoolkindsoldate gepantser in ʼn arsenaal van gewapende haat

ruk mans en vroue uit hul wonings in ʼn verdere siklus van sy kwaad.

 

Dis die kinders wat in hulle beddens roer

slag na slag; hommeltuie teen uitspansel uitgevoer:

hy is êrens in die verlede verwek as: dis ons land dié

en geen Oslo of tweestaatoplossing kon hom terughou nie;

deur baie oorloë en kortstondige vredesverdrae is hy geskep

internasionale gemeenskap wat geen woord oor sy vergrype rep.

Was hy dan ook ʼn boorling van dié beknopte land

waar Jordaanvallei strek aan oostekant deur woestyn se sand?

Maar nou bult hy sy spiere; propageer vrylik dis sý vaderland

en tienduisend van die siele in hierdie kamp gestrand

juis as gevolg van die groot katastrofe van agt en veertig

dit terwyl hy dans, geen vreemde dans, almal sien die lug

en weet sy genadeloos-getransformeerde haat is nie ʼn klug

maar net ʼn uiting van wat ook in ander state moes kom:

die Rassis se dans, so herken ons hom en dié wat voor hom sou kom.

Geil van die begeerte om meer en meer

het hy in diepe nag gepropageer

dat stootskrapers, ononderbroke, hulle werk moet doen

om teenstrydig, met alles menslik, ideaal met plek te versoen

om so geboorte te gee aan die mismaaksel se wellustige dans

en hoe meer die mans moes smeek vir net ook ʼn kans

hoe meer word soldate op kontrolepunte gestasioneer

om die eens voëlvry stam goed te leer

aan die Rassis se dans is daar geen keer;

en om en om die landerye van eens vry olywe

skiet kindersoldate nou teiken op Palestynse lywe.

 

En met dieselfde slag as die fosforbomme van Operasie Lood-Gooi

word drie kinders nou die soldate se voor-die-hand-liggende prooi –

uit beddens geruk in die donker bose nag

elke besitting in die slag verkrag

om onder die vaandel van die reinigingsproses regverdigend te lag

maar kan ʼn mens die wyse waarop dit geskied ooit na waarde ag

in lig van ál die skade; die gruweldade

gepleeg uit niks anders ʼn strewe na sy kwade.

Traangas by hospitaal se vensters in

grootskaalse vernietiging na magsgewin;

uitbuiting, diefstal en plunder deur ʼn eens minderheid

en al die ander fasette van ʼn ondrukkingswerklikheid.

 

Mag Allah ons tog genadig wees

ons verlos van hierdie ingebore vrees

dat om elke draai van die lang pad terug huis toe

ons kinders verhoed sal word om meer en meer die smaak van wraak te proe

om – as Allah so wil – vir ons ʼn tuiste te skep buite die uitbuiting

buite die besette gebiede; aan die anderkant van kastyding;

ons ʼn lied te gee vir ons land en ook ons mense

ʼn plekkie – in ʼn wêreld sonder grense;

ʼn nedersetting waar ons vrylik kan kom en gaan

sonder Israeli Verdedigingsmagte op ons hakke

sonder Palestynse Bevrydingsweermag bepalend van ons barakke;

of Hamas of Fatah of vuurpyllanseerders se vuurpyle in die niet

net ʼn ons en onse mense in ʼn vreedsaam geharmoniseerde grondgebied.

 

En in die bouvalle van ál die puin het die vrouens koud gesit

geluister na die nag, stuk-stuk, in groepies, aanhou bid –

die kinders huilend, neulend, oor dit waarin hul gebore is

hul jong harte reeds met die soeke na vergelding toegerus.

En terwyl soldate luidkeels hul bespotting kraai

word die vlugtelinge weereens afgemaai

op ʼn nuwe roete na ʼn vaderland

die iewers, ʼn oase, in die woestyn se dorre sand –

tot dan, egter, bly die ondier se passies om en om

oor die vlaktes kom hul saamgedrom …

 

© Bester Meyer, 2023

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bester Meyer. waar jy ek word
Bester Meyer. Een is twee →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d