Carnet
Vele litanieë opgeteken
in dagboeke, ‘n litologie
vir hierdie soeker na ‘n naam,
‘n gebeurtenis, ‘n insident verborge
onder sóveel vlakke: ‘n logogrief.
Lokatief of Datief? In die logboek-
van-verlies is jy ‘n trema, ‘n partisipium.
Ofskoon jy glo nooit deel wou hê
aan ons liefde on-definieerbaar,
‘n grammatikaboek vol péniblement.
© Joan Hambidge, 2023