Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 August 202310 August 2023

Mellet Moll. Ligjaar

 

Ligjaar

(Vir Nini)

 

Daar sal ’n eerbetoon deur bome wees

wat wagstaan in ’n onvoltooide kring

vir ons, die heemloses, wat agterbly.

Die wolke sal soos geeste in die skyn

van onbekende ligte oor ons vaar

na ander eindpunte wat stemloos roep.

Die wind sal sy bestemming êrens vind

en ons sal weerloos word in die gety

van stroomversnellings in ’n koel rivier.

En ek en jy sal die getuies wees

tussen die ander swane in die vloed

wat steeds die epigrawe bestudeer

van hopelose figurante stil

gebalsem in die opdrifsels om ons.

Maar luister fyn: die klankbaan sal

as etsings van ons asems in die lig

al swyend in die atmosfeer vergaan

tot net ’n swart-en-wit vergangenheid.

Maar ek sal nogtans wagstaan as ’n boom

omring deur elke onbegrensde jy.

 

© Mellet Moll, 2023

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Mellet Moll. Sehnsucht
Mellet Moll. Middernag in Wene →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek
  • Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik
  • Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje
  • Digtersprofiel: Mari Grobler

Nuutste kommentaar

  1. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  2. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d