Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 August 202322 August 2023

Meyer van Rensburg. Holleeg

 

Holleeg

 

Die esdoorn groei

al vir jare hier

op familiegrond – geërf toe ouer-saad

hier geval het –  reik ver

tussen hoë toppe deur

en beur hoog in die takke

die elevato-ruimtes in

die enkeling se blare ruis

in die lugstrome waar hy saam sing

met sy jabroer-rysgenote

in ‘n massa-asem eentonig

aanhoudend dieselfde wysie

want die heersende wind bespoel  hul  blarebrein.

 

Van voor af beskou

is die vier voet wye stam imposant

–geklee in ‘n liggrys bas

met vertikale donker strepe –

inderdaad agtenswaardig

en indrukwekkend:

‘n swierig ge-eksposeerde pak klere

maar loop jy reg rondom, na agter,

besef jy die stam is dolleeg-hol:

geen                                 pit

of                                     kern:

dis weggevreet deur swamme

en nou ’n blyplek vir reptiele, slange.

Pretensieus en ruggraatloos

in jaknikker-vergaderings:

smaaklik goed geklee maar bot leeg

net afskynsels van ‘n ander skynsel- of kollig

sonder ‘n eie oeuvre, invalshoek of stem

om iets niveau-kreatief

te sê of begeesterend te besleg

: ’n leë aardse skedel-dop

sonder barisfeer: net hol klanke

die animus se binnegoed is weg.

 

© Meyer van Rensburg, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Kelder
Meyer van Rensburg →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d