Glorie en stof
die swartdoring bloei wit
oor die hele eiland
praal skitterend imposant
totdat swartblou bessies
vir jenewer ekstrak
in die son blink
langsaan die meidoorn
se bloedrooies
vir jellie en vir wyn:
onbevrugte bloeisels
val en vermolm aried
van glorie tot stof
maar volgende lente
sal die stekelige struik
opnuut skitterwit glans
kan ons dalk só
in ʼn volgende seisoen
in plaas van net ouer te word
leliewit vanuit stof
na glinsterglorie gaan ?
© Meyer van Rensburg, 2024