Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 September 2023

Joan Hambidge. Parlando

 

I

Die sonnetvorm is breedvoerig bespreek. Die sogenaamde praatvers (parlando), stel weer eiesoortige eise aan die digter.

Sopas verskyn ons eie Boere Bukowski, aka Kleinboer, se jongste bundel: erf en elders (Naledi).

Aweregs, dwars, stroomop en ‘n dekonstruksie van die digkuns. Die erf hiér is sy stukkie grond in Yeoville wat ondersoek word. ‘n Ruimte van vleisbraai, drink en babelaas. Hy skryf sonder enige skroom oor sy besoeke aan hoerhuise in ‘n bundel wat ‘n voortsetting is van my beste vriende is groen pyltjies (2020).

Die alledaagse word ‘n gedig – soos by Bukowski – en in die heerlike send-up “absa is op ‘n manier my aa”(94) spot hy met Alkoholiste Anoniem. Die foon is dikwels aanwesig en hier word gedobbel in ‘n poging om iets te wen.

In hierdie oënskynlik eenvoudige en toeganklike verse is daar toespelings op Leonardo da Vinci, Die Bybel, telefoongidse, Houellebecq, Charl-Pierre Naudé, ensomeer. Speels, loslit, maar onder alles diepe erns.

Lyfstraf en sadistiese ouerskap wat hy as kind ervaar het, word bekyk. Die skrywer is ‘n gerekende taalkenner en dit sien die leser in die verse.

Ontheemding en pyn. ‘n Dronkbestuurklag. Die waarneem van verkeerde spellings teen mure met ‘n pynlike slotvers: ‘n afskeid aan hierdie lewe (“and I wonder”, 105). Ook die verwerking van die afsterwe van twee broers.

 

II

Die praatverse werk met ander tegnieke as die hermeneutiese of heuristiese vers.

Charles Bukowski (1920-1994), ‘n bekende Amerikaanse digter, is een van die meesters van die praatvers.

Een van sy bekendste verse lui soos volg:

 

As the poems go

as the poems go into the thousands you

realize that you’ve created very

little.

it comes down to the rain, the sunlight,

the traffic, the nights and the days of the

years, the faces.

leaving this will be easier than living

it, typing one more line now as

a man plays a piano through the radio,

the best writers have said very

little

and the worst,

far too much.

 

https://allpoetry.com/As-The-Poems-Go Besoek 7 September 2023

 

Die siening dat die lewe nutteloos en absurd is, tref ons dikwels aan in sy gedigte. Hy dig hieroor asof dit alles een reël beskryf of opgesom kan word.

Trouens, die beste skrywers, besluit hierdie ou sinikus het min te segge; en vrot skrywers het veel te sê.

 

Are you drinking?

 

washed-up, on shore, the old yellow notebook

out again

I write from the bed

as I did last

year.

will see the doctor,

Monday.

“yes, doctor, weak legs, vertigo, head-

aches and my back

hurts.”

“are you drinking?” he will ask.

“are you getting your

exercise, your

vitamins?”

I think that I am just ill

with life, the same stale yet

fluctuating

factors.

even at the track

I watch the horses run by

and it seems

meaningless.

I leave early after buying tickets on the

remaining races.

“taking off?” asks the motel

clerk.

“yes, it’s boring,”

I tell him.

“If you think it’s boring

out there,” he tells me, “you oughta be

back here.”

so here I am

propped up against my pillows

again

just an old guy

just an old writer

with a yellow

notebook.

something is

walking across the

floor

toward

me.

oh, it’s just

my cat

this

time.

 

https://allpoetry.com/Are-You-Drinking- Besoek 7 September 2023

Hierdie sinisme vind ons in “Are you drinking?” waar die alledaagse gedig word. Selfs ‘n besoek aan ‘n perderesies is nutteloos. ‘n Geel notaboek. Of by Kleinboer is dit ‘n ou telefoongids wat vir ander doeleindes ingespan word.

Soos by Kleinboer word drank en dobbel belangrike temas.

Die digkuns wat net die verhewe temas aanspreek, word opsetlik gebanaliseer.

Humor is deurgaans opvallend; soms wrang, maar tog snaaks.

So lui “kolon se gedagtes” in erf en elders:

 

elke hond kry sy dag en elke bier sy glas

dikderms is volopper as dubbelpunte

want elke mens het ‘n kolon

maar elke gedig nie ‘n dubbelpunt nie

en daar is meer mense as gedigte

tensy ek erg onderskat

wat in die skare se koppe

en binnekamers aangaan

 

daar woed

boonop dalk onuitgesproke gedagtes

in die flora van ons lelike binnegoed

 

aan die ander kant:

dit kos meer as rymdwang

om ‘n gedagte in ‘n vers

te omskep

(14)

 

III

Hera Lindsay Bird uit Nieu-Zeeland wys dat vrouedigters ook kan saam-praat:

 

Keats is Dead so Fuck me From Behind

Hera Lindsay Bird

 

Keats is dead so fuck me from behind

Slowly and with carnal purpose

Some black midwinter afternoon

While all the children are walking home from school

Peel my stockings down with your teeth

Coleridge is dead and Auden too

Of laughing in an overcoat

Shelley died at sea and his heart wouldn’t burn

& Wordsworth……………………………………………..

They never found his body

His widow mad with grief, hammering nails into an empty meadow

Byron, Whitman, our dog crushed by the garage door

Finger me slowly

In the snowscape of your childhood

Our dead floating just below the surface of the earth

Bend me over like a substitute teacher

& pump me full of shivering arrows

O emotional vulnerability

Bosnian folk-song, birds in the chimney

Tell me what you love when you think I’m not listening

Wallace Stevens’s mother is calling him in for dinner

But he’s not coming, he’s dead too, he died sixty years ago

And nobody cared at his funeral

Life is real

And the days burn off like leopard print

Nobody, not even the dead can tell me what to do

Eat my pussy from behind

Bill Manhire’s not getting any younger

https://thespinoff.co.nz/books/11-07-2016/the-monday-extract-keats-is-dead-so-fuck-me-from-behind-by-hera-lindsay-bird  Besoek 7 September 2023

 

Ook hier is ‘n wrang aanslag en kennis van die digkuns opvallend. Dieselfde geld Jeanne Goosen se Elders aan diens (2007).

Soos Goosen waarsku:

 

Geluk is pilvormig. Plesier is chemies.

…

Skryf is ‘n persoonlike gevaar

http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/jeanne-goosen-elders-aan-diens-2007.html Besoek 7 September 2023   Besoek 9 September 2023

 

Dit lyk net asof hierdie verse uit die gatsak geskud is, maar kyk fyn. Daar is ander tegnieke en al hierdie verse vra vir voorlees of voordra.

 

 

Joan Hambidge  September 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. Die goue era van analoogmetaforiek.
Resensie: “erf en elders” (Kleinboer) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d