Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 September 2023

PEN Afrikaans. Nuusbrief: September 2023

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

PEN Afrikaans by die Toyota US Woordfees 2023

Ons sien uit daarna om by die komende Toyota US Woordfees die eerste lesing in ons lesingreeks oor verskillende aspekte van media- en uitdrukkingsvryheid aan te bied.

Max du Preez sal die lesing lewer in ’n sessie wat deur Mercy Kannemeyer geopen en gefasiliteer sal word. Kom sluit op 10 Oktober om 15:30 by die Khaya by ons aan.  Die besonderhede is hier onder en die volledige program is hier beskikbaar.

Op 12 Oktober sal ons as deel van die WOW-program weer ’n skryfskool aanbied waartydens leerders hul skryfvaardighede kan kom slyp. Grant Jefthas is die aanbieder en bestuurslede van PEN Afrikaans sal by die groep aansluit.

Ons nooi ook graag ons lede, joernaliste wat die fees dek en deelnemers aan die boekeprogram om deur die loop van die fees die Skrywerskamer te besoek. Dit is ’n rustige ruimte waar ’n mens tussen sessies ’n koppie koffie of tee kan kom drink, kan sit en voorberei vir paneelbesprekings, skryf, lees, of net ontspan. Ons sien uit om julle daar te sien. Die datums en tye is hier onder.

 

Datum van ons algemene jaarvergadering

Ons algemene jaarvergadering vind op 19 Oktober om 18:00 via Zoom plaas en ons nooi ons lede en ander belangstellendes hartlik uit om dit by te woon. Almal is welkom, maar slegs opbetaalde lede sal stemgeregtig wees.

Daar sal vanjaar ’n nuwe bestuur tydens die AJV vir ’n tweejaar-termyn verkies word. Ons sal in volgende maand se nuusbrief die besonderhede oor die verkiesbare kandidate deel. Kontak ons asseblief indien jy jouself of iemand anders vir verkiesing tot die bestuur wil benoem.

Lede word vriendelik versoek om teen 2 Oktober sulke benoemings of ander agendapunte te stuur na penafrikaans@gmail.com.

 

Tuin van Digters 2023


Lees hier meer oor die twaalfde Tuin van Digters-fees wat op 15 en 16 September by die Breytenbachsentrum plaasvind. Dominique Botha sal daar die Ingrid Jonker-prys ontvang wat onlangs aan haar toegeken is vir haar bundel Donkerberg. Baie geluk aan Dominique.

Ons herinner opbetaalde lede van PEN Afrikaans dat julle die fees gratis mag bywoon. Daar sal ledelyste by die ingange wees. Kontak ons indien jy nie seker is of jou ledegeld betaal is nie.

Op Saterdag 16 September bied PEN Afrikaans die sessie “Met apologie en dank” aan. Kom luister saam hoe digters op hul voorgangers reageer.


Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer


Dit is ’n plesier om hierdie maand die jongste artikel in ons kwartaallikse artikelreeks “Die wêreld van die skrywer” te deel.

Dana Snyman skryf in hierdie aflewering op ons uitnodiging oor reisverhale en hoe dit tot ’n soeke na betekenis bydra of daaraan uiting gee. Dana se nuwe boek, Die binneland in, is nou op die rakke en sy reisprogram Grondpad geloof is tans op kykNET te sien.

Baie dankie, Dana. Die stuk is hier beskikbaar.

 

Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.

Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

 

Nuwe Afrikaanse boeke in September 2023

Baie geluk aan ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rakke het. Dit sluit in: Clinton V. du Plessis, Marita van der Vyver, Irna van Zyl, Elize Parker. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Verlede maand het Stasies, ’n speurverhaal deur Joan Hambidge, en Seeperde, ’n jeugroman deur Naomi Meyer, verskyn. Baie geluk ook aan hulle. Naomi het tydens die 2022 PEN- en Jakes Gerwel Stigting-skrywersresidensie onder meer aan hierdie boek gewerk.

Ten slotte:

  • Ons herdenk vandag Internasionale Geletterdheidsdag en hierdie week Nasionale Boekeweek. Diegene wat hul die naweek in Kaapstad bevind, kan ter viering die Open Book-fees bywoon. Die program is hier beskikbaar.
  • Baie geluk aan al die benoemdes vir die kykNET-Rapport-pryse en die ATKV-Woordveertjies, met spesiale vermelding van Dibi Breytenbach, een van ons bestuurslede, wat in die kategorie vir spanningslektuur benoem is.

Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← PEN Afrikaans. Nuusbrief: Augustus 2023
PEN Afrikaans. Nuusbrief: Mei 2024 →

1e kommentaar op “PEN Afrikaans. Nuusbrief: September 2023”

  1. Kobus Minnie says:
    14 September 2023 at 16:10

    Ek sien noueers daar was ñ digkompetisie oor medies. Ek was eers ñ Verpleeghulp (male nurse) en toe ñ Staf-Verpliëer gewees. Ek het al ñ mediese gedig geskryf wat een jaar deur AVBOB gekeur was. Ek het ook nog ñ paar ander mediese gedigte geskryf. Ek sou ook graag vir die kompetisie wou inskryf, maar soos gewoonlik, wil ek eers die room skep, nadat dit alreeds botter is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d