Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 May 2024

PEN Afrikaans. Nuusbrief: Mei 2024

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

PEN Afrikaans neem deel aan UNESCO se Aschberg-program  


Dit is vir ons ’n plesier om in hierdie nuusbrief meer te vertel van ’n besondere eer wat PEN Afrikaans te beurt geval het, naamlik om op uitnodiging van PEN International deel te neem aan UNESCO se Aschberg-program.

Die doel van die projek is om in vyf Afrikalande (Malawi, Suid-Afrika, Uganda, Zambië en Zimbabwe) openbare dialoog te bevorder oor kwessies wat skrywers raak. Hierdie projek sluit aan by die 1980 UNESCO-aanbeveling oor die status van die kunstenaar, wat ’n beroep doen op lidlande om die professionele, sosiale en ekonomiese status van kunstenaars te verbeter deur die implementering van beleide en maatreëls wat verband hou met onder meer opleiding, mobiliteit en vryheid van uitdrukking.

Prakties behels dit dat PEN Afrikaans vyf artikels kon aanvra oor onderwerpe wat relevant is vir skrywers hier en elders, asook die aanbied van ’n daglange simposium later vanjaar wat ’n gulde geleentheid sal wees vir gesprekvoering en besinning oor ’n reeks pertinente temas.

Kyk gerus in die komende maande uit vir artikels wat hopelik dialoog sal aanmoedig oor vrae soos: Hoe kan skrywers op die klimaatkrisis reageer? Hoe staan sake wat die kulturele en taaldiversiteit in die Afrikaanse literêre landskap betref? Wat is die posisie van jong mense wat graag wil skryf, en dít in ’n land waarin maatskaplike probleme soos armoede en werkloosheid hoogty vier? Waarom sou ’n mens aanhou skryf in so ’n land? Wat is die rol van poësie hier?

Ons sal die artikels op ons sosialemediaplatforms deel en by ons nuusbrief insluit.

Daar is meer inligting oor die program hier beskikbaar.

 

Nathan Trantraal vereer

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het op Wêreldboekedag die bekroonde skrywer, digter en grafiese kunstenaar Nathan Trantraal vir sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde vereer. Die geleentheid het by die Universiteit van die Wes-Kaap plaasgevind. Ons wens graag vir Nathan Trantraal hartlik geluk met die welverdiende eer en salueer hom vir die verruiming wat hy bring en bevorder deur sy eie skryfwerk, vertalings, resensies, grafiese kuns, maar ook sy mentorskap van ander skrywers.

Lees hier en hier meer oor die SBA se huldiging van Trantraal. Vind meer oor sy lewe en werk uit deur sy ATKV-Skrywersalbum hier te lees.

 

Die kuns van vertaling: ’n Onderhoud met Elsa Silke

Vertaling maak wêrelde aan lesers oop – van kinderboeke, fiksie, digkuns tot niefiksie. Die waarde van ’n vertaling lê in die vertaler se vermoë om ’n teks aan die doelteksleser oor te dra sodat dit moeiteloos en met die grootste plesier gelees kan word. Dit is daarom belangriker as ooit om die waarde van vertaling te erken en te vier, en wat is beter as om met die vertaalmeesters te gesels. PEN Afrikaans gaan voort met ’n reeks onderhoude met vertalers van verskillende genres om meer van hulle liefde vir dié kuns te hoor.

Hierdie keer is die bekroonde en hoogs ervare vertaler Elsa Silke aan die woord. Sy ontvang in 2006 die SAVI-prys vir voortreflike vertaling in die fiksiekategorie vir This Life, haar Engelse vertaling van Hierdie lewe deur Karel Schoeman.

Klik hier om die onderhoud te lees.

 

Afrikaans Amptelik 100


Afrikaans as amptelike taal is volgende jaar ’n honderd jaar oud en almal is genooi om aan die viering daarvan deel te neem. Afrikaans is weliswaar baie ouer as ’n honderd jaar, maar dit was op 8 Mei 1925 toe Afrikaans, naas Engels, een van Suid-Afrika se twee amptelike tale geword het.

By PEN Afrikaans is ons met die Afrikaanse taal en woordkuns gemoeid. Soos ander PEN-sentrums, weet en onderskryf ons dat verskillende tale en verskillende maniere van praat nie slegs ’n kommunikasiekanaal is nie; dit is ook die milieu waarbinne mense groei en kulture beslag kry. Ons vier graag saam.

Volg die Afrikaans100-projek op sosiale media om elke kompetisie, inisiatief en opwindende gemeenskapsuitreik te volg. Lees die persverklaring hier.

 

Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.

Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in Mei 2024

Baie geluk aan ons lede wat in Mei nuwe boeke op die rakke het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Dit sluit in: nuwe boeke deur Fanie Viljoen, Cas Vos, Chris van der Merwe, Elsa Winckler en die versamelbundel Draaie, swaaie en afdwaalpaaie waartoe verskeie van ons lede bygedra het. Dit is saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen en uitgegee deur Carolyn Meads by Queillerie.

Ten slotte betuig ons ons innige meegevoel aan die naasbestaandes van Maritha Snyman, wie se skielike dood op 6 Mei ‘n groot en hartseer verlies is. Sy sal onthou word vir haar reusebydrae tot die Afrikaanse boekewêreld as kinderboekskrywer, voormalige uitvoerende hoof van LAPA Uitgewers, kenner van kinder- en jeugliteratuur, en mentor en aanspoorder van skrywers en kollegas.

Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← PEN Afrikaans. Nuusbrief: September 2023
PEN Afrikaans. Nuusbrief: Sepetember 2024 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d