Melt Myburgh woon in Johannesburg en werk onafhanklik in die Suid-Afrikaanse kulturele veld. Hy het langs die Oranjerivier op Karos naby Upington grootgeword. Nadat hy in 1992 ’n M.A.-graad in Afrikaans en Nederlands en ’n Hoër Onderwysdiploma aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, was hy vir 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels in skole regoor die land. Hierna het hy op verskeie terreine van die literêre en kulturele veld gewerk, onder meer by LitNet, die US Woordfees en as senior opdraggewende redakteur by Penguin Random House SA.
As dosent het Melt voor- en nagraadse kursusse aan die universiteite van Rhodes en Stellenbosch aangebied in die opvoedkunde en Afrikaanse letterkunde.
Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 2 opgeneem. Sy debuutdigbundel Oewerbestaan het in 2010 by Protea Boekhuis verskyn, en dit is in 2011 met die Ingrid Jonkerprys bekroon.
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
