Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 September 202322 August 2023

Nini Bennett. Veiling

 

Veiling

 

 

Daardie dag van die bankrotveiling,

daardie dag toe hulle die borde ingeslaan

het, dáárdie dag het Pretoria se rooigrond

bloed getrek. Die varings het in geel en bruin

getreur – en jy, langs jou rotstuin se ensemble

vetplante en plakkies. Die hotnosvy se koel stiltes;

die bitter krag van bossies tussen witgekalkte klip.

Fluorossente sproeiers in die somer, kringe rysmiere

om die straatlampe die dae wat verbydryf in wolke, hipnoties.

Jy moes verhuis. O slaap, die labirinte sluimer

van ’n skulp, die infiniteit van dagdrome, die poësie van ’n verlore

huis! Die kelder met sy rillende spinnekopdrade boesem nie meer

vrees in nie, die dromer rig die verbeelding om veilig te voel.

Daar is ’n dominante huis van verlies in ons wat nóg deur

stootskrapers, nóg deur vendusies, nóg deur die blinde vensters

van verdriet gewis kan word. Jy was nooit weg nie. Die geliefde

frustrasies – laaie briek in hul verslete spore; kasdeure kraak

as jy die sleutel draai en die versweë geur van parfuum boontoe

styg. Net goedheid en guns sal jou volg al die dae van jou lewe

en jy sal in die huis van Bachelard woon tot in lengte van dae.

 

© Nini Bennett, 2023

 

 

 

 

Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nini Bennett. † 80

2e gedagtes oor “Nini Bennett. Veiling”

  1. Lianda says:
    21 September 2023 at 15:26

    Die aanbieding wat sintuiglik praat! Die kleurvolheid van verdriet en magteloosheid, alles tref my hard as leser. Dis weerloos, Nini.

    Reply
  2. Hendrik Botha says:
    20 September 2023 at 20:15

    Mooi gedig! Veels geluk.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)
  • Nini Bennett-Moll. Jack Unterweger en die outeursfunksie van ’n reeksmoordenaar
  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026

Nuutste kommentaar

  1. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  2. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  3. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  4. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  5. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d