I
Francis Bacon (1909 – 1992), is ‘n Iers gebore Britse kunstenaar. Portrette van pouse en vriende; soms abstrakte figure vasgevang in geometriese strukture. Sy werk is brutaal-eerlik. Dikwels ook kruisigings. Die selfdood van sy vriend George Dyer het ‘n geweldige impak op sy lewe gehad.
Love Is the Devil: Study for a Portrait of Francis Bacon is die 1998 film deur John Maybury, o.a. met vertolkings deur Derek Jacobi, Tilda Swinton en Daniel Craig. Dit is gebaseer op The Gilded Gutter Life of Francis Bacon deur Daniel Farson. Die komplekse verhouding met George Dyer – vertolk deur Daniel Craig – word in hierdie BBC-film onder die loep geneem.
Vir die skilderye:
https://www.wikiart.org/en/francis-bacon Besoek 15 Oktober 2023
So het hierdie leser in 2013 op Woorde wat weeg oor Bacon en De Lange geskryf:
Francis Bacon se werk word sterk geïnspireer deur abjeksie. Sy kuns is sterk geïnspireer deur die selfmoord van sy geliefde George Dyer – hierna het sy werk introspektief en geobsedeerd geraak. Hy het ook dikwels sy eie skilderye verwoes. Dit is eweneens bekend dat Bacon tandheelkundige handleidings bestudeer het oor mondsiektes om in besonderheid te kon skilder. Hy het eweneens gereeld na Sergei Eisenstein se rolprent The Battleship Potemkim (1925) gekyk en meer spesifiek “Die skreeu”. Hierdie vinjet word as ‘n katalisator vir sy werk beskou en die kunskritikus en kenner van Bacon se werk, Michael Peppiatt, het opgemerk:
“it would be no exaggeration to say that, if one could really explain the origins and implications of this scream, one would be far closer to understanding the whole art of Francis Bacon.”
“Another thing that made me think about the human cry was a book I bought when I was very young from a bookshop in Paris, a second-hand book with beautiful hand-coloured plates of diseases of the mouth, beautiful plates of the mouth open and of the examination of the inside of the mouth; and they fascinated me, and I was obsessed by them. And then I saw – or perhaps I even knew by then – the Potemkin film, and I attempted to use the Potemkin still as a basis on which I could also use these marvelous illustrations of the human mouth. It never worked out though.” — in ‘n onderhoud Mei 1966 opgeneem in David Sylvester se onderhoude met die kunstenaar. (Great interviews of the 20th century/ Francis Bacon interviewed by David Sylvester in 1963,1966 and 1979. Afgetrek 17 Julie 2013)
“One very personal recurrent configuration in your work is the interlocking of crucifixion imagery with that of the butcher’s shop. The connection with meat must mean a great deal to you.
Well, it does. If you go to some of those great stores, where you just go through those great halls of death, you can see meat and fish and birds and everything else all lying dead there. And, of course, one has got to remember as a painter that there is this great beauty of the colour of meat.
And what were your feelings towards him?
Well, I disliked him, but I was sexually attracted to him when I was young. When I first sensed it, I hardly knew it was sexual. It was only later, through the grooms and the people in the stables I had affairs with, that I realised that it was a sexual thing towards my father.”
http://joanhambidge.blogspot.com/2013/07/studie-die-foto-of-skildery-as-interteks.html Besoek 15 Oktober 2023
II
Die digter Johann de Lange het in sy bundel Snel grys fantoom (1986) oor hierdie skilder gedig.
As die maan haar spieëltjie
As die maan haar spieëltjie/my visdam ophou
watter gesig sal sy daarin sien:
my Ouma grys voor haar Bybel en spieëlkas,
stilskreiende Francis Bacon-skildery,
die stil Oom Lood wie se beeld
bly eggo soos ‘n geweerskoot,
somber tantes in ‘n bitter huwelik,
jong seuns verlief op briljante breine,
skugter meisies deur hulle broers bemin
— gruwelik deel van my soos ‘n moedervlek.
In hierdie gedig word ‘n bloeiende familigeskiedenis verwoord: die ouerwordende Ouma lyk soos iemand uit ‘n Bacon-skildery; die selfdood van Oom Lood; vrouens vasgevang in ondraaglike huwelike; gay-seuns wat nie kan erken dat hulle homoseksueel is nie en alleen iemand om sy intellek mag bewonder; die broers wat bloedskendig verlief is op die susters …
Wat deel is van die digter se lot: soos ‘n moedervlek wat die Oedipus-verhaal aktiveer.
Veral opvallend – veral vir kenners van sy digkuns – is die nie-vermelding van die vader wat die kind versaak het. Maar juis deur dit nie te noem nie, word dit beduidend. Hierdie gedig verwys na vele skilderye en die lwensloop van die skilder Bacon: die geweld en die selfdood van Dyer, ‘n persoon met ‘n kriminele verlede.
Studie van ‘n portret van ‘n man
optelgedig oor die skildery van Francis Bacon
Die streepsuikerkleure van die man
slaan teen die oog:
‘n pimpel en pers en groen
en blou kadawer!
Kyk hy deur ‘n ruit: die raam
waardeur ons kyk?
Sy gesig, sy hempskraag: wit
wat breuk in baie kleure,
wit wenkbroue en donker hare.
Die vuis teen sy kop ontketen
‘n donkerte. Die oog glip
uit soos ‘n lens.
‘n Swart das is om sy nek geknoop.
Die verf is weefseldik.
Sy nerf word afgestroop:
plek-plek dun,
en plek-plek dik opgestoot.
Die inkarnaatkleur van bederfde vlees,
die sfumato-afdruk van ‘n vuis
op die vol lippe: sagte lyne
voor ‘n harde geweld.


Hierdie portretvers vang die essensie van Bacon perfek op. Kadawer (dood) teenoor nerf (vel) wat lewe impliseer. Die woede word geaktiveer deur die weefseldik verf teenoor die harde geweld van vuiste wat slaan, maar ook die geweld van selfdood. Ingelei deur “streepsuikerkleure”. (Om streepsuiker te kry, beteken om ‘n pakslae te kry.)
Die hele gedig wentel rondom teenstellings. Sfumato is ‘n kunsterm wat bedui dat kleure langsaam inbeweeg na mekaar en inkarnaat (van die Latyn incarnatum) beteken vleeskleurig.
In Julie 2013 stuur Johann de Lange hierdie veelduidende vers aan my per sms:
francis bacon
ver & buite bakens lê venyn
die sny van paletmes deur skyn,
deur gekneusde vlees tot op die been –
asof verf kon verhoed dat een,
dat hý leegbloei op porselein
III
Waarom die sub-titel: Optelgedig?
Dit is ‘n optelgedig soos D.J. Opperman se “Visvangplekke op die Plaat”. In L.S. van Leon Strydom is daar eweneens ‘n optelgedig. Die optelgedig is gebaseer op ‘n ander gedig of teks.
Optelgoed is allemansgoed / hougoed.
Optelgoed is jakkalspis / jakkalsgoed. Jy kan nie aanspraak maak op wat jy opgetel het nie, aldus Pharos se Spreekwoorde en ander segswyses.
Dalk is alle ekfrastiese gedigte optelgoed. Want die skildery behoort nooit aan die digter nie. Die digter lewer alleen kommentaar hierop en plaas sy eie interpretasie (of geskiedenis) teen die kunswerk.
Bronne:
De Lange, Johann. 1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau.
Hambidge, Joan. http://joanhambidge.blogspot.com/2013/07/studie-die-foto-of-skildery-as-interteks.html Besoek 15 Oktober 2023
Kemp, Theo, Foster, Ronel. https://www.litnet.co.za/deur-die-loergat-n-ondersoek-na-die-voyeuristiese-elemente-in-johann-de-lange-se-olympia/ Besoek 15 Oktober 2023
Prinsloo, Anton F., De Stadler Leon, De Stadler Amanda. 2022. Spreekwoorde en ander segswyses.
Kaapstad: Pharos Woordeboeke.
Francis Bacon: Drie Studies vir ‘n Portret van George Dyer
Wat gru nie alles
in ‘n portret oor jou minnaar:
die jakkalsdraaie
van verbintenisse
by my met vroue:
die geweld van stilte
verkennings van ‘n labirint
donker in ‘n troebel doolhof
waarin ek verdwyn
in die nag met nagmerries
flesh wins out
die lyf as padkaarte van pyn
sover terug in drome uitgekrink
asof dit nou is gru-
saam hierdie inkyk
voyeurisme tot in die kern
van die self
verbeeld in my bed
‘n bokskryt
slagveld
onbewapen dit is
dit was my beslag
Joan Hambidge (Asindeton. Werk-in-aksie)
