Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 October 2023

Joan Hambidge. Landskap-verse II

 

I

In 1974 verskyn ‘n gesaghebbende studie oor sluiting of closure in die gedig geskryf deur Barbara Herrnstein-Smith. Dit heet Poetic closure – a study on how poems end.

Die landskap-gedig is dikwels ‘n voorstelling van psigiese closure of sluiting, omdat die digter terugkyk na ‘n tyd wat verby is.

Boerneef het uitmuntende terugkyk-verse geskryf oor landskappe van sy herkoms wat hy bewaar “vir latenstyd”:

 

Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier

niks staan so geel soos herfspamplier

by Dwarsrivier op Ceres

slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk

lank en eerbiedig soos ‘n mens na so ‘n herfs moet kyk

laat dit inbrand in jou vir latertyd

die warm geel en rooi vir latenstyd

 

Hierdie gedig word uitsonderlik mooi deur Laurika Rauch vertolk. Boerneef skryf ook ‘n ander nostalgiese of onthou-vers wat die kwessie van sluiting illustreer:

 

Van al my land se Tafelberge

is daar vir my maar twee

dis die Tafelberg by Boplaas

en sy Ouboet by die see

by Boplaas se berg was ek ‘n kind

met ‘n kind se huil en lag

by sy Ouboet word ek rebelserig oud

met ‘n ou man se dink en wag

die begrip op die Plaas was waterpasreg

maar hoe rym jy die ouderdom weg

met ‘n ou man se pieker en wag

 

“In ‘n kringloop beweeg die ruimte, soos die tyd. Nie van een punt tot ‘n volgende nie, maar in ‘n siklus word die menslike lot binne plek en tyd voltooi. Maar nou is die geografiese ruimte nie net meer ‘geografies’ nie, dit het reeds metafisies geword” (Snyman: 1980, 207). Hierdie reeks heet terloops ook Kringloop, juis om hierdie beweging tussen die aardse (geografiese) na die metafisiese aspek te beklemtoon.

Die hoofletters van die plekname gee aan die ruimtes simboliese betekenis: Ouboet teenoor Plaas om die verskil in lewensuitkyk te beklemtoon. Alles in sy jeug was waterpasreg en presies. In die ouderdom is dit egter anders.

Die dubbel-register (of double voicing) soos vele teoretici dit beskryf het, is belangrik in hierdie soort gedig. Linda Hutcheon in haar studie oor ironie verwys na disemia en disglossia (Hutcheon: 64). Daar is twee sprekers wat saampraat: die ouer persoon wat terugkyk en iets van die onskuld van indertyd weergee.

 

II

So dig Breyten Breytenbach in die na-dood 2016:

 

met oogopslag die maan nog daar

‘n bolseilskuitjie wat niet toe vaar

 

en roos die daagruim bo die heuwels oos

terwyl nagtegale knipper en tuit soos

 

toe dagherinneringe geberg in kruike

vanouds uitgelek het onder donkerder struike

 

en alles ewig was en alles moes sterf

tot ‘n sleepsel rou onthousels op die werf

(78)

 

Die maan word metafories ‘n bolseilskuitjie wat na die niet toe vaar. Die dagbreek (daagruim) lyk roosagtig in hierdie distigon met die “rou onthousels op die werf”.

Cleanth Brooks in The well wrought urn: Studies in the structure of poetry, ‘n seminale teks oor die poësie, skryf soos volg:

 

The poem is a “working out of the various tensions — set up by whatever means — by propositions, metaphors, symbols.” It achieves a resolution through this working out of tensions, not necessarily a logical resolution but a satisfactory unification of different “attitudes,” or dispositions towards experience. Therefore, any intellectual proposition within the poem must be viewed in the context of all the other propositions expressed in the highly changeable language of metaphor. The poem does not try to find the truth-value of a particular idea; it tries to juxtapose many, contradictory ideas together and reach a sort of resolution. The poet is trying to “unify experience” by making poetry not a statement about experience but an experience itself, with all the contradictory elements contained in one cultural expression, i.e., the poem (1947: 207).

 

III

In hierdie gedigte word die landskap een in die psige oor die rou onthousels vir die latenstyd.

Die gekose verse se slotte is van belang waar al die kontradiksies tot sluiting kom.

 

Joan Hambidge

30 Oktober 2023

 

Bronne:  

Boerneef. 1977.Versamelde poësie. Kaapstad: Tafelberg.

Brooks, Cleanth.1947. The well wrought urn: Studies in the structure of poetry. New York; Harcourt Brace.

Breytenbach, Breyten.2016. die na-dood. Kaapstad: Human & Rousseau.

Hutcheon, Linda.1994. Irony’s edge: The theory and politics of irony. Londen / New York: Routledge.

Smith-Herrnstein, Barbara.1974. Poetic closure – a study on how poems end. Chicago: University of Chicago Press.

Snyman, Henning.1983. Mirakel en muse. Johannesburg: Perskor.

 

En Van Wyk Louw:

die wind se onderkant is wit

want waar hy op die koring sit

daar maak hy die hele wêreld wit

(Klipwerk).

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Landskap-verse I
Joan Hambidge. Antjie Krog →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d