Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 November 2023

Joan Hambidge. Antjie Krog

 

I

Die digter Antjie Krog verken die landskap van vrouwees in al haar vorme. Grootmoeder, moeder, eggenoot, geliefde, politieke analis en aktivis. Sy is al deur vele teoretici gekarteer: Marlies Taljard se besinnings en Louise Viljoen se Ons ongehoorde soort: beskouings oor die werk van Antjie Krog het in 2009 verskyn. En natuurlik: Karen de Wet se bloemlesing ‘n Vry vrou (2020). Vérder terug in die tyd: Jacomien van Niekerk, Pieter Conradie en verskeie kritici ondersoek haar werk in artikels soos Marius Crous, Marthinus Beukes, Tom Gouws, Ihette Senekal, Willie Burger, o.a.

Anthea Garman en Johan Jacobs in Engels. En Helize van Vuuren in sowel Afrikaans as Engels. Dan is daar ook Yves T’Sjoen se essays ook. Buitelands en binnelands beskou.

Die skrywer se eie keur uit haar gedigte heet Digter wordende in 2009. Honderd en vyftien gedigte uit al haar bundels is ingedeel volgens temas: liefdesgedigte, gesinsgedigte, skryfgedigte, politieke gedigte en gedigte uit Lady Anne. So is die bundel bemark op die internet.

Daar was ‘n polemiek verlede jaar oor haar gebruik van vloekwoorde wat kwetsend sou wees in die Vrye Weekblad.

https://versindaba.co.za/2023/02/08/joan-hambidge-hoe-lees-ons-xxii/  Besoek 4 November 2023

In hierdie besinning gaan hierdie leser veral fokus op haar impak. Sy word ook in rubrieke aangehaal (o.a. Maandag 30 Oktober deur Jo van Eeden op Media 24.)

Die klankmatige en musikale aspek van haar digkuns is bekend, net soos die ontginning van verskillende tegnieke: o.a. die rondeel en villanelle. Haar praatverse is goed verbind. Sy skryf sonnette. En ‘n mis. Ook palinodes of antwoorde op Opperman en Eybers. Verder gebruik sy die objective correlative in die bundel Lady Anne.

 

****

 

II Palinodes

 

 A Brief – Fernel Abrahams Strofe 1

Mammie, ek skryf ook vir Ma ‘n kaalvoet gedig

sommer so, nes Antjie

                      maar ek gebruik soms leestekens

en ek sal nie vir Mamma “jy” sê nie

 want dit hoort vir my

nes plastiekblomme en wit skoene

nie by Ma nie. Bottom of Form

(…)

https://slideplayer.com/slide/14521411/  Besoek 4 November 2023

 

B Verjaarsdagvers

Vir Antjie Krog

 

Met beurtkrag ‘n verjaarsdagvers vir jou:

 

die wasmasjien dreun in die agtergrond

soos ‘n trekker in die Vrystaat

deurmekaar geslinger;

die koffiemasjien klik weer

aan, onverwags, lesend (ek) aan

“land van genade en verdriet”.

 

Siklies jou verse wat alles

van vrouwees, nee menswees karteer.

Jy skryf omdat jy woedend is glo;

tog lees ek jou verse as oop en teer:

aards en sonder fieterjasies, soos jy.

 

Op ‘n keer skryn ‘n pleister om jou vinger

nadat ‘n mes vlym met ‘n beesslagting

op julle familieplaas genaamd Middenspruit.

Op ‘n ander keer gee jy suurlemoene

uit jou tuin aan vir my en ‘n doring

laat bloed onverpoosd spruit.

 

Hou jou wapens blink, leer jy ons.

Nes jou “classy” heldin Eybers,

ont-grens jy alles in jou unieke stem

oor die intieme aard van die digkuns …

Jou grootste liefdesverhouding bly

met die poësie: maklik, moeiteloos, makelloos,

matig, minsaam vermy die dogter van Jefta.

 

“Mens funksioneer net wanneer jy dig”.

Die ongehoorde soort word hoorbaar

verklank in jou eiesoortige, dwingende,

verslawende verse: van begin tot einde jý.

Mannin en Lady Anne; sommer net Anna Krog,

‘n digter sonder enige voorgee of bedrog.

Joan Hambidge

 

Die verjaardagvers in 2022 geskryf.

C Exergasia

 

Onse Antjie Krog dig soos ‘n vyeboom

met rooiryp vye wat hierdie leser

in bewondering mateloos verslind.

 

Hierdie digter werk met ‘n snoeiskêr:

lê die lem in op die digterlike boom

vol dooie takke waarop ‘n kraai sit.

 

Hiperbolies dalk mag u, liewe leser sê:

op hierdie dag en datum, die hereweet,

is my hande soos Eybers s’n onpaar.

 

My linkerhand verklap dalk meer

as die regter een vol selfkritiek

oor die afwesigheid van ‘n bottergat,

 

sperwer, slanghals of groenvlerkduif.

Dooie takke van die interteks en meta-

modernisme afgekap op soek na die geluid

 

van voëls sonder simboliek of dieptelaag.

Weg met Tom Chetwynd se simboolensiklopedie;

terug na bome en voëls soos in Eva se Paradys.

 

Joan Hambidge

 

****

 

“digter wordende” versus “baie worde”

 

And all the couples of oppositions are couples. Does this mean something? Is the fact that logocentrism subjects thought – all of the concepts, the codes, the values – to a two-term system, related to ‘the’ couple man/woman?

 

Cixous, Hélène: “Castration or Decapitation?” in Robert Con Davis & Ronald Schleifer: 1989, 287.

Teen die manlike orde is sy die mannin op soek na haar eie stem teen die vaderdigter Opperman. Veral in Otters in bronslaai probeer sy haar losmaak van hom; maar sy reageer steeds op hom in Lady Anne.

 

Jane Gallop se psigoanalitiese studie The daughter’s seduction (1982) wys op hierdie prosesse van onthegting.

Die hele kwessie van ruilhandel word bespreek met verwysing na Freud se Dora-saak.

Is Dora ‘n slagoffer of heldin? ‘n Kwessie wat Gallop behandel oor die gesprek tussen Cixous en Catherine Clément (1982: 132, 133). ‘n Heldin vir Cixous en Gallop wil eerder wys op haar ambivalensie:”Yet rather than assume the ambiguity, the two writers themselves become polarized as advocates of either the hysteric as contesting or the hysteric as conserving” (1982: 134). (Hieroor het ek geskryf in my rubrieke Hoe lees ons? op die Versindaba nommer 4).

Vir hierdie leser is ambivalensie tersaaklik.

 

Exergasia oftewel amplifikasie

 

ek begin mans bekyk

 

ek kom agter dat ek mans begin bekyk

brutaal met die gedagte

hoe naai hy

sy breins en sieletjie interesseer my nie

die gesiggie wat glinster van try charm en oulik wees

let ek onberoerd op

 

sou nie eers met mans gepraat het

as dit nie toefallus was

(De Wet: 2020, 52)

 

Hierdie vers is oorspronklik gepubliseer in Gedigte 1989 – 1995 deur Hond uitgewers. Hier word die man tot objek verklaar deur die vroulike subjek.

Ons vind hier ook woman-identified-gedigte soos “ons is alleen in die sauna” en “jou tiete twee massiewe sampioene” wat die ryk verbeelding van die digter beklemtoon. Die klassieke vers “ek staan by ‘n moerse rots langs die see by Paternoster” is die “vry fokken vrou” in opstand téén die letterlike Onse Vader en die patriargie. Inderdaad baie identiteite of “worde”.

Die titel “baie worde” verwys na ‘n gedig uit Kleur kom nooit alleen nie (2000):

 

“boot”

 

nie van wees nie

maar van word

baie worde

verby verlore en ontheemde ruimtes

baie baie worde

 

Hier word Jacomien van Niekerk se studie oor identiteit en transformasie bespreek op my blog: http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=baie+worde  Besoek 4 November 2023

Alles in die hierdie digkuns is ‘n proses. Die digter as nomaad en soos sy in “digter wordende” uit Kleur kom nooit alleen nie sluit:

 

die digter dig met haar tong

sy haal asem – ja, diep uit haar oor

(De Wet, 2020: 162).

 

Die inkantasie van taal word op ‘n verstommende wyse deur hierdie digter beskryf en beleef. In siklusse van verwonding én herstel. Verskillende worde inderdaad.

 

Joan Hambidge

5 November 2023

 

Bronne:

Conradie, Pieter. 1996. Geslagtelikheid in die Antjie Krog-teks. Elserivier: Nasionale Handelsdrukkery.

De Wet, Karen. 2020. ‘n Vry vrou. Kaapstad: Human & Rousseau.

Krog, Antjie. 2009. Digter wordende. Kaapstad: Human & Rousseau.

Van Niekerk, Jacomien. 2016. ‘Baie worde’: identiteit en transformasie by Antjie Krog. Pretoria: Van Schaik.

Viljoen, Louise. 2009. Ons ongehoorde soort: beskouings oor die werk van Antjie Krog. Stellenbosch: Sun Press.

 

Ander teorie:

 

Cixous, Hélène. 1989. “Castration or Decapitation?” in Robert Con Davis & Ronald Schleifer (redd.) Contemporary Literary Criticism – Literary and Cultural Studies. New York: Longman.

 

Sorties. 1988. David Lodge (red.) Modern Criticism and Theory – A Reader. New York: Longman.

 

Gallop, Jane. 1982. The Daughter’s Seduction – Feminism and Psychoanalysis. Ithaca: Cornell University Press.

 

Gilbert, Sandra M. & Gubar, Susan. 1979. The Madwoman in the Attic: The Woman Writer and the Nineteenth Century Literary Imagination. New Haven: Yale University Press.

 

Mitchell, Juliet. 1975. Psychoanalysis and Feminism. Londen: Penguin.

 

 

Digkuns:

Dogter van Jefta (1970)

Januarie-suite (1972)

Beminde Antarktika (1974)

Mannin (1974)

Otters in Bronslaai (1981)

Jerusalemgangers (1985)

Lady Anne (1989) vertaal as Lady Anne: A Chronicle in Verse, 2017)

Gedigte 1989–1995 (1995)

Kleur kom nooit alleen nie (2000)

Verweerskrif (2005)  vertaal as Body Bereft, 2006)

Mede-wete (2014)  vertaal as Synapse, 2014)

Plunder (2022)

Hambidge gedigte: Joan Hambidge (Asindeton. Werk-in-aksie)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Landskap-verse II
Joan Hambidge. Oorlog in die Midde-Ooste →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d