Die A-Z van die liefde
Oor die oop wond van die liefde
my deeglik uitgelaat in vele verse
in die verre verlede, ‘n indertydse toe.
Nou is daar net die Art & Lies oor
en niks meer van Writing on the body
of die dreunsang van Charles Aznavour
nie, alles nou ‘n dubbele negatief;
‘n wegkeer, ‘n inkeer, ‘n ordening
in die argiewe van ontrou en berou.
Dié ironie se skerpkant tref my nou:
al die berymings en beskrywings
van ne me quitte pas ne me quitte pas
oor die oop wond van die begeerte
my tyd verspil, vermors in vele verse
oor die geliefde wat hieroor kraai.
© Joan Hambidge, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.
