Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 November 2023

Digtersprofiel: Bester Meyer 

Bester Meyer is in Alberton gebore. Hy studeer regte en verwerf ʼn B.Com (LLB) aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit. Hy word toegelaat as prokureur en werk by ʼn Kaapstadse regsfirma wat destyds as Nelson Mandela se regsverteenwoordiger opgetree het. Hy het voorheen ook naby Plettenbergbaai en Stellenbosch gebly, en het op ʼn tyd met souse gesmous.

In 2010 stel hy ʼn kortspeler van sy oorspronklike liedjies vry, wat saam met musikant, Albert Frost, opgeneem is: Ontmoet jou onder ʼn Harvest Moon.

Bester se debuutbundel die Testament word in 2020 deur Naledi uitgegee. Die bundel probeer wêreldburgers oorreed tot ʼn metafisiese revolusie. Deel van die teks is ses toonsettings van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker genaamd: Musiek vir jou ure wat as die koor van die bundel gebruik word. Die bundel se Engelse eweknie, Rebel Song en ʼn Engelse vertaling van André P Brink se Lobola vir die Lewe, wat dan ʼn einde sal maak aan die Testament-projek, word hopelik tegelyk die jaar (2022) deur Naledi uitgegee.

In 2021 word Bester se letterkundige vertaling van die Palestynse digter, Magmoed Darwiesj, deur Naledi gepubliseer. Die werk word beskryf as omdigtings van Darwiesj se belangrikste verse en veral sy latere werk.

Bester werk tans aan ʼn nuwe vertalingsprojek en begin die jaar (2022) met ʼn Honneursgraad in Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg. Hy kan nie skryf of musiek maak sonder daaglikse yoga nie.

ʼn Skakel na Bester se Facebookblad: https://web.facebook.com/NaamloosII

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Digtersprofiel: Vincent Oliphant
Digtersprofiel: Fanie Olivier →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Neels Jackson. Stille nag
  • Andrea Sieberhagen. Ontredderd
  • Andrea Sieberhagen. Klaskamer: Die ander kant
  • Riaan le Roux. Herbergsaam
  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon