Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 November 2023

Digtersprofiel: Bester Meyer 

Bester Meyer is in Alberton gebore. Hy studeer regte en verwerf ʼn B.Com (LLB) aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit. Hy word toegelaat as prokureur en werk by ʼn Kaapstadse regsfirma wat destyds as Nelson Mandela se regsverteenwoordiger opgetree het. Hy het voorheen ook naby Plettenbergbaai en Stellenbosch gebly, en het op ʼn tyd met souse gesmous.

In 2010 stel hy ʼn kortspeler van sy oorspronklike liedjies vry, wat saam met musikant, Albert Frost, opgeneem is: Ontmoet jou onder ʼn Harvest Moon.

Bester se debuutbundel die Testament word in 2020 deur Naledi uitgegee. Die bundel probeer wêreldburgers oorreed tot ʼn metafisiese revolusie. Deel van die teks is ses toonsettings van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker genaamd: Musiek vir jou ure wat as die koor van die bundel gebruik word. Die bundel se Engelse eweknie, Rebel Song en ʼn Engelse vertaling van André P Brink se Lobola vir die Lewe, wat dan ʼn einde sal maak aan die Testament-projek, word hopelik tegelyk die jaar (2022) deur Naledi uitgegee.

In 2021 word Bester se letterkundige vertaling van die Palestynse digter, Magmoed Darwiesj, deur Naledi gepubliseer. Die werk word beskryf as omdigtings van Darwiesj se belangrikste verse en veral sy latere werk.

Bester werk tans aan ʼn nuwe vertalingsprojek en begin die jaar (2022) met ʼn Honneursgraad in Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg. Hy kan nie skryf of musiek maak sonder daaglikse yoga nie.

ʼn Skakel na Bester se Facebookblad: https://web.facebook.com/NaamloosII

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Vincent Oliphant
Digtersprofiel: Fanie Olivier →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d