Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-M)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 November 20236 November 2023

Digtersprofiel: Fanie Olivier

Fanie Olivier is gebore in Pretoria, word groot in die Kaap & leer skryf in Durban. Hy studeer Regte en Afrikaans op Stellenbosch en waar hy lid is van D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium.

Verdere nagraadse studie volg in Utrecht, Nederland en hy promoveer op Potch. Hy doseer by die ou Universiteit van Natal en [eweneens] Durban-Westville, gee daarna onderwys op Graaff-Reinet en maak ’n draai by die ou Skiereilandse Technikon. Kunsredakteur by Rapport vir drie jaar, en dan weer dosent by die [nou nog bestaande] Universiteit van Venda. Praktiseer ook om den brode daar as advokaat. Hy werk vir amper twee jaar by Adam Mickiewicz-universiteit in Poznan, Pole en dan, die dood ter wille, weer as advokaat in Durban. Sedert einde 2007 terug by die nou nuwe Universiteit van KwaZulu-Natal, maar hy loop in Maart weer die Poolse paadjie terug. Hy tree af in Stilbaai.

Hy debuteer in 1971 met die bundel gom uit die sipres. publiseer naas die debuut ses ander bundels. Sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, waaronder Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, Digters en digkuns, Die dye trek die dye aan, Kraaines, Miskien sal ek die wingerd prys, Verse vir Opperman, en Nuwe verset. Hy stel verskeie versamelbundels saam. Dit sluit in Goudaar (1986) ter herdenking van Johannesburg se eeufees, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte en As die son kom oogknip .

Hy vertaal in 2009 JM Coetzee se Disgrace.

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window)
  • Click to share on Twitter (Opens in new window)

Lees meer

← Digtersprofiel: Bester Meyer 
Digtersprofiel: Ryan Pedro →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!
  • Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
  • Resensie: "Grondstof" (Helena Ewert)
  • Bester Meyer. Water bind my aan jou naam
  • Resensie: "Silwerwit in die soontoe" (Imke van Heerden met Anil Bas en Etienne van Heerden)

Nuutste bydraes

  • Neels Jackson. Stille nag
  • Andrea Sieberhagen. Ontredderd
  • Andrea Sieberhagen. Klaskamer: Die ander kant
  • Riaan le Roux. Herbergsaam
  • Joan Hambidge. Om ʼn stad te verbeel(d)

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Nini, ek het jou skrywe met aandag gelees en begryp nie waarom daar so 'n storm losgebars het nie. Jy…

  2. Mart-Marié Uys on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek26 November 2023

    Baie geluk met hierdie skrywe. Jy herinner mens weer wat die werklike verskil tussen lekemenings op Facebook en verantwoordbare resensies…

  3. Marlies Taljard on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die ergste is dat so baie van hierdie stokperdjie- en leunstoelkritici op die keurpanele van die belangrikste literêre pryse dien.…

  4. Mellet Moll on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Die onbedoelde gevolg van die prys wat Crito ingestel het, is natuurlik die feit dat dit die skrywers van lesersindrukke…

  5. Dewald Koen on Nini Bennett-Moll. Wanneer bemarking paradeer as literêre kritiek24 November 2023

    Dankie vir 'n besonders insiggewende en interessante artikel, Nini.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2023 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon