Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 November 2023

Dietloff van der Berg. Duzikleigat

 

Duzikleigat

 

Vereensaam in sy somer skeppingsplek

gryp hy met soepel hand eers gou die klei

waarmee deur dit verdig en taai te brei,

hy daagliks soek na nuwe lewe wek.

 

Hy skep ʼn romp en sit daar bene aan,

en dan die stert en ook sy grote kop,

nie ongerymd met skerpe horings op

tot dan so net die bees op maat daar staan.

 

In sy verbeelding sien hy helder klaar

hoe hierdie horings alles oop sal skeur

en ritmies, onverbid’lik voort sal beur

tot almal daardie beeld se krag ervaar.

 

Maar sonder eie nuwe skeppingsgees

bly elke bulvers net vyfvoetig bees.

 

© Dietloff van der Berg, 2023

 

 

 

Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Dietloff van der Berg. Spello →

2e gedagtes oor “Dietloff van der Berg. Duzikleigat”

  1. Dietloff van der Berg says:
    13 November 2023 at 09:19

    Meyer, Dis vir my interessant dat al gaan ons al lank maan toe, het ons nog steeds nie eers ‘n definisie van wat ‘n gedig is nie, want jou moderne vormgewing en my tradisionele so-net verskil vormlik hemelsbreed van mekaar, al is daar wat ons denke betref ooreenkomste. Ek sien uit na jou nuwe bundel.

    Reply
  2. Meyer van Rensburg says:
    11 November 2023 at 19:25

    Diettloff, Soos ek vantevore gese het, hierdie gedig het nogal baie ooreenkomste met my eie gedig “Beeldbouer”” wat n ruk gelede op Versindaba verskyn het en eersdaags in my nuwe bundel sal verskyn. Lees dit gerus as jy dit nie ken nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Marthé McLoud. Loutering
  • Pierce van Tonder. granaat-gebed in die Karoo
  • Anzé Bezuidenhout. Grense van die wentelbaan
  • Koos de Wet. wesenlik
  • Amanda de Meillon. Karookind

Nuutste kommentaar

  1. DIETLOFF VAN DER BERG on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Baie dankie vir wat jy vir ons letterkunde doen en beteken Joan.

  2. Prof M Labuschaigne on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge7 October 2026

    Puik onderhoud, welgedaan!

  3. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Grendels7 October 2026

    Baie dankie Amanda ek waardeer jou saamlees en mooi kommentaar

  4. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. die ontwortelde7 October 2026

    Hoe mooi is hierdie... ek is die doring wat die pad soek en droom van hande wat my ken Puik…

  5. Anzé Bezuidenhout on Amanda de Meillon. Karookind7 October 2026

    Puik gedoen en sielsmooi neergepen!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d