Ryan Pedro is in 1993 in die Kaap gebore. Meeste van sy grootwordjare is in Kakamas en Vredenburg/Saldanha deurgebring. Tans is hy besig met sy MA in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Hy woon in Gordon’s Baai, waar hy voltyds as skrywer werk (draaiboeke vir televisie, persoonlike skryfprojekte).
In 2017 is van sy gedigte opgeneem in Nuwe Stemme 6 en sy debuutbundel, Pienk ceramic-hondjies, verskyn in 2020.
Op die vraag hoekom hy gedigte skryf, antwoord hy: “Die skryf van poetry is en sal altyd vir my ’n alluring practice wees. Dis challenging, dis fun en dit het ’n soort urgency wat ek nie met ander forms experience nie. Beteken nie ek sal nooit short stories of novels skryf nie. Poetry is net my first love. Dit allign perfectly met my personality. Especially omdat ek ’n introvert is. Dis soos om die enigste persoon met ’n hoodie aan in ’n crowd mense te wees. Jy kan kies wat jy aan hulle wil reveal, hoe en wanneer.”
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]