Graaff-Reinet
O Heer, laat na ʼn lang, verbrande reis
daar eensaam uit Vallei Verlatenheid
U koel Karoowind in die aand bevryd
my kom verlos van kwellings, been en vleis.
U liefde en genade is so groot;
die Pastorie laat rank die wingerdstok
wat blaarverkoel met vrug die mens verlok
tot stook vir sy genot as wyn by brood.
Die doodsvrees kry ons nogtans nie verdring;
die niet daarvoor alleen bly mens benou
al laat die wind die foon se drade sing.
Genadiglik kan ek reeds hier en nou,
al weet ek nie hoe wind of liefde werk,
beleef wat liefde is deur jou omvou.
© Dietloff van der Berg, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.