Ontredderd
In jou oë is wroeg en wrewel.
Woorde uitgewring,
verander praat in prewel
wat weinig orde bring.
Wortel van woede
voed die kwaad,
vorm vreemde nuwe spasie
opgevul met onverwagte, onverwoorde frustrasie
as vaste punt die wentelbaan verlaat.
Jou hart se binnekant
huiwer hooploos, moedloos
aan die ander kant,
onkant.
Gees word grensloos weerloos
soos ‘n silwer ster
verskiet in die niet.
Hier hang een enkel planeet
in die heelal vergeet.
Donker, somber luim
in die koue buiteruim.
©Andrea Sieberhagen, 2023
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.
