Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 December 202314 November 2023

Digtersprofiel: Susanne Pike

Susanne Pike is in Groblersdal, Mpumalanga, gebore. Sy matrikuleer in 1980 aan Hoërskool Ben Viljoen en verwerf in 1984 haar BA(Ed)-graad, met Afrikaans en Bybelkunde as hoofvakke.

Sy is in 2002 met Wayne Pike getroud.  Hulle het nie kinders nie, maar ’n praatsiek  papegaai, Zinzi.

Skoolhou is haar passie. Dit was reeds op ’n baie vroeë ouderdom duidelik toe sy vir haar ma se spogroosbome begin “skoolgee” het. Sy hou daarvan om leerders bewus daarvan te maak dat die letterkunde oor die lewe handel en dat dit jou as mens goed kan toerus op jou lewensreis.

Terwyl sy haar beroep beoefen, moet sy op ’n duisend take gelyk fokus. Verse skryf is ongelukkig nie een daarvan nie, hoewel sy sommer baie daarvan sou hou om heeldag op ’n stoep te sit en na die see te staar, wyn te drink en net te skryf – daardie luukse, dink sy, is maar vir min mense beskore.

Sy het eers in 2015 ernstig begin verse skryf. Haar eerste bundel, Inkspoor, is ’n selfpublikasie wat baie vinnig uitverkoop het.  Sy is in 2019 en 2020 aangewys as een van die top 20-finaliste vir die Ingrid Jonkerprys in die gewilde L’Art Poétique-kompetisie.

Skryf moenie vir haar soos werk voel voel nie. Sy is geheel-en-al woordbesete. Sy vind dat sy haar emosies en gevoelens beter deur digkuns kan verwoord. Woorde groei oornag soos sampioene in haar brein. Grepe uit daaglikse gebeure, besielende foto’s of tonele dien gewoonlik as sneller vir haar skryfwerk. Soms in die stort, soms as sy haar hare droogblaas of as sy sommer net na haar digborrel ontsnap, verskyn woorde en reëls soos spoke aan haar. As sy dit nie dadelik neerskryf nie, verdwyn dit. Sy sal worstel met woorde totdat dit gemaklik lêplek vind. Heel dikwels word ’n onbeplande vers gebore wat sy eie loop neem nadat sy daaraan getimmer en geskaaf het.

Sy sê altyd: “Woorde gebeur met my – ek drentel net agterna.”

Soos enige skrywe, wil sy graag hê dat mense van verskillende agtergronde en ouderdomme met haar verse kan identifiseer Dit is baie bevredigend as mense jou verse geniet en dit hul inspireer. Dit is tog so dat die oomblik as wat iemand anders jou werk lees, dit nie meer in jou besit is nie. Die leser kan daaruit haal wat hy of sy wil.

Sy geniet dit ook om in haar vrye tyd in die tuin te werk en te verf.

Haar filosofie oor die lewe?  “Die lewe gebeur met ’n mens. Dit is hoe jy dit hanteer, wat die verskil maak.’’

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Henning Pieterse
Digtersprofiel: Johannes Prins →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d