Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 December 202320 December 2023

Resensie: “Getting Here” (Tony Ullyatt)

 

Resensie: Getting Here deur Tony Ullyatt. Chinkoa Press, 2023. ISBN 978-0-6397-5807-7

Resensent: Joan Hambidge

 

I

 

Sedert sy debuut in 2018 An Unobtrusive Vice het Tony Ullyatt hierdie leser beïndruk met sy besondere digterlike stem. Tegnies in beheer, maar terselfdertyd is daar ‘n groot emosionaliteit in sy verse te bespeur.

Die digter is ‘n laat debutant en hierom word ‘n mens getref deur die rypheid en digterlike eksperimente, soos o.a. die curtal sonnet en Oosterse digvorme. Ullyatt is die skrywer van ‘n digterlike handleiding A Profusion of Choices waarin hy sy kennis van die digkuns met die leser deel. Saam met sy vrou, wyle Gisela Ullyatt, het hy eweneens belangrike vertalings van Afrikaans na Engels vir ons gelewer.

Sy bemoeienis met die digkuns as kunsvorm met eiesoortige eise en voorskrifte, kan in sy verse afgelees word. Veral sy enorme kennis van Oosterse digvorme, soos die haiku en senryū, is loflik.

Die senryū is die kleinboet van die haiku, eweneens ‘n 3 reëlige gedig, maar hier word die natuur ironies of satiries beskou. Bykans ‘n postmodernistiese haiku?

II

Die jongste bundel uitgegee deur Chinkoa Press, is aangrypend in die beskrywing van verlies en die verwerking van die dood van ‘n lewensmaat, broer en ouer. En van skrywers.

Die digter as voormalige dosent in Engelse letterkunde gee belangrike kopknikke na digters soos Eliot, Mary Oliver, Theodore Roethke en Pablo Neruda, onder meer. Terselfdertyd is daar ‘n belangrike Boeddhistiese onderbou in hierdie bundel, soos in die gedig “Meditations” (27):

 

We sit beneath the Buddha’s soft gaze

this wintry morning as we meditate

on the causes of the world’s suffering.

 

In ‘n klein vers word die lewenslot opgesom wat heet “Neither here nor there”:

 

Wherever you’re living

you might well be thinking

of just two things: reasons

to stay and reasons to leave.

Whichever you opt for

someone will be left behind

(106)

 

Hierom dan ook die verwysing na nostos, die terugkeer na die wat jy waarskynlik verloor het wat nostalgie oproep. Maar waarheen word teruggekeer? Herinneringe aan die vader soos in die aangrypende gedig “That Day” (65) waar hy die vader sien in die ewige slaap aangetrek asof hy op pad werk toe is.

In hierdie bundel is daar ‘n voortdurende spanning tussen die “bothersome world” en die soeke na stilte. Daarom ook ‘n afdeling “Two Landscapes”, twee wêrelde, twee ervarings wat die digter voortdurend bymekaar probeer uitbring. Ons lees immers in “SENRYŪ 7-15*”:

 

sadness reminds us

what happiness we have lost

the coin has two sides

(49)

 

Die leser beweeg voortdurend tussen hede en verlede; lewe en dood; Westerse sieninge teenoor Boeddhistiese aanvaarding; familieskap en eensaamheid. Op die voorblad van Getting Here (wat in die gemoed ook getting there word) is daar ‘n foto viermalig afgedruk. Die verste afdruk word dan ‘n skets van die digter wat op ‘n brug staan, ‘n ruimte van oorgang of liminaliteit.

Niks vind ooit sluiting of closure nie en soos Mary Oliver tereg dig: “Each of us leaves an unfinished life”, ‘n motto op bladsy 89.

Die leser is deurgaans bewus van die verlies wat die digter ervaar het, veral met die dood van sy lewensmaat Gisela Ullyatt, die digter van Die waarheid oor duiwe wat in 2020 verskyn het. Gisela Ullyatt het ‘n studie geskryf oor die digkuns van Mary Oliver vanuit ‘n Boeddhistiese perspektief, en die leser sou vele temas en toespelings in Getting Here verder kon ondersoek.

Met haar dood ervaar hy:

 

When you died the future took a shortcut

To some wretched unmapped territory. (97)

 

Hy ervaar dat hy dwalend is, sonder ‘n kompas.

Daar word ook gedigte geskryf vir Antoinette Pienaar en haar geliefde oom Johannes (wat pas oorlede is) waar die windpomp ‘n Bendictus of danksegging-gebed uitdraai op Theefontein.

III

Daar is ook humoristiese verse soos “Poem on a Paper Napkin” (81) waar ‘n speelse liefdesvers van indertyd op ‘n servet nou (tussen twee mense) ironies beskou word. Vir haar is dit verby; vir hom is die skryfproses nou meer durend. Al is hierdie flirtasie uit die verlede, word dit verewig in ‘n gepubliseerde gedig.

“Departure” (77) aktiveer (onbedoeld dalk) Totius se “die ligtende trein” in sy gedig Repos ailleurs:

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-repos-ailleurs-die-rus-is-elders/  Besoek 15 Desember 2023

Ook Žižek skryf oor die persoon buite die trein en die een binne-in die trein, in A Pervert’s Guide to Cinema.

Verlange, herinneringe of verdriet wat bly agtervolg. Of die gevoel dat dit elders beter mag wees.

Die digter skryf eweneens oor deure (75), wat die tematiek van binne versus buite verder ondersoek. ‘n Deur beskut, kan ‘n kunswerk word; of selfs die verskil tussen die sakrale en mundane illustreer.

Dalk laat ons meer as pyn en hartseer agter?, wonder die digter in “The Lesson Afterward” (71). Al is “grief a raging river”, aldus Simone George. “That Day” (65) oor die dood van die vader is hierom ‘n bakenvers waar die digter gekonfronteer word met die geliefde vader se vertrek. Die kind ervaar verdriet, omdat hy nooit weer die geleentheid sal hê om sy liefde vir hierdie vader te kan bely nie. ‘n Verdere tema: dat ons dikwels eers ná die afsterwe van ‘n geliefde persoon die impak van hul lewens op ons kan begryp.

Die digter kan selfs in die verkleuring van ‘n blaar dubbelsinnigheid sien (“splendour lingering in their decay”) in die gedig “When Every Leaf’s a Flower” (59) wat die teoretiese leser neem na Cleanth Brooks se 1947 studie oor die digkuns The Well Wrought Urn.

‘n Studie oor die digkuns as die taal van paradoks. En een waarin Brooks besonder insigryk oor die elegie skryf. En Ullyatt se elegie vir Hemingway in “Death’s Afficionados: Visting Pamplona in the Winter of 1961” (53) wat weer Opperman se “By die dood van Roy Campbell” aktiveer.

IV

Dit is ‘n uitstekende bundel met slim en versweë toespelings. Daar is min digters wat stilte en die groot-groot niks so goed kan verwoord as hierdie digter wat tegnies bedrewe is en al sy trieks netjies wegsteek.

Presies soos Brooks eis in The Well Wrought Urn.

En omdat Brooks waarsku teen die gevare van parafrase en opsommings, is dit belangrik om hierdie verse eerstehands te ervaar.

Joan Hambidge

15 Desember 2023

 

Bronne:

  

Brooks, Cleanth. 1947. The Well wrought Urn. Irvine: Hart Press.

Ullyatt, Gisela. 2020. Die waarheid oor duiwe. Pretoria: Protea.

Ullyatt, Tony. 1994. A Profusion of Choices: An Introduction to the Study of Poems. Pretoria: JL van Schaik.

  1. An Unobtrusive Vice. Kaapstad: Dryad Press.
  2. River Willows: Senryū from Lockdown. Kaapstad: Dryad Press.
  3. In the Unique Hours: 99 Senryū and an Epilogue. Port Elizabeth: Chinkoa Press.

Žižek, Slavoj: https://en.wikipedia.org/wiki/The_Pervert%27s_Guide_to_Cinema  Besoek 15 Desember 2023

 

Bestel van:

 

Chinkoa Press 25 Ruth Street, Glen Hurd Port Elizabeth 6045

chinkoa262@gmail.com

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ironie
Digtersprofiel: Gisela Ullyatt →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot
  • Krige Visser. die wedstryd op Marchand

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d