afrikaans
met die taal wat ek praat
brei ek truitjies
en bou ek blokkies
ek skets katedrale
en dreunsing motetjies
[die libretti verspottig en wrang]
ek kloof karkoertjies
en vlieg sonder vlerke
met woorde en sinne
dissekteer ek lywige en spulse gedagtes
moer hulle oor sorteertafels
ek maak my vry
maar bevind my ook skuldig
[’n verhoor of daarsonder]
soms gee ek mee
en laat die kaartehuis kantel
maar ek praat my weer vry
en laat kardoese vaar
op die gragte van my harsings
© Marius Coetzee 2024

Bravo Marius!
Hier is ‘n digter om dop te hou.