Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 January 202427 April 2024

Wen R10 000 in ons kompetisie vir “mediese” gedigte

 

 

Danksy ʼn groot borgskap bied Versindaba vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar ʼn gedigkompetisie aan waarin gedigte oor die mediese praktyk en siektes aangevra word. (Sien ook verlede jaar se uitnodiging by https://versindaba.co.za/2023/01/09/versindaba-kompetisie-mediese-poesie-wen-r7-000-in-prysgeld/ )

Vier digters kan hierdie jaar elk R2 500 met hulle gedigte losslaan. Dit is die grootste geborgde prysgeld wat tot nog toe op Versindaba aangebied is.

 

“Mediese” gedigte omvat ʼn wye spektrum temas, byvoorbeeld die werk van mediese praktisyns sielkundiges, verpleegsters, fisioterapeute, veeartse, inheemse genesers, operasies, siektes en siektetoestande, beserings, hospitalisasie, tuisversorging, ens. …

 

Kompetisiereëls

  • Elke digter mag SES gedigte inskryf.
  • Publikasie van gedigte op Versindaba se tuisblad word nie gewaarborg nie.
  • Wat moontlike opname in ʼn bundel betref, onderneem die digter om Versindaba toestemming te gee om die gekeurde gedig(te) verbatim of met minimale wysigings deur die digter op te neem sonder vergoeding vir die digter. Indien ʼn bundel op hierdie kompetisie volg, sal dit nie met ʼn winsoogmerk uitgegee word nie.
  • Elke gedig word AFSONDERLIK as Word-aanhegsel by ʼn e-pos ingestuur aan die Inhoudsbestuurder Versindaba taljard.marlies@gmail.com
  • Gedigte moet op ʼn Word-dokument in Arial-lettertipe (11-punt) verskyn in enkelspasiëring, links-gesentreerd en sonder spesiale effekte. Geen foto’s of illustrasies mag op die Word-dokument verskyn nie.
  • Illustrasies mag nie deel vorm van gedigte nie en sal slegs in hoogs uitsonderlike gevalle aanvaar word, addisioneel tot gedigte.
  • Alle gedigte wat ingestuur word, moet die digter se eie werk wees, nie deur KI gegenereer wees nie en mag nog nie voorheen gepubliseer wees nie. Outeursreg moet soos volg onderaan die gedig verklaar word:           © Digtersnaam, 2024.
  • Die kompetisie eindig om middernag, 30 April 2024.
  • Die beslissing van die beoordelaars wat die 4 wengedigte aanwys, is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

 

Dit is interessant dat poësie met ʼn mediese tema in die Verenigde Koninkryk besonder baie aandag geniet. Die Hippocrates Foundation is in die VK gekoppel aan die British College of Medicine en hou jaarliks ‘n kongres en ʼn kompetisie vir gedigte oor mediese temas. In 2015 was die prysgeld ʼn verstommende 5 000 Pond! Die beste gedigte word dan deur die Foundation in ʼn bundel gepubliseer. Die Versindaba Mediese Kompetisie vind plaas in navolging van die Hippocrates Foundation, Die doel is weer eens om genoeg gedigte te ontvang sodat ons ʼn bundel “mediese” gedigte kan uitgee.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Mellet Moll. Die melancholie van anatomie

2e gedagtes oor “Wen R10 000 in ons kompetisie vir “mediese” gedigte”

  1. Neels Jackson says:
    2 August 2024 at 09:18

    Is daar al ‘n uitslag vir dié kompetisie?

    Reply
    1. Versindaba says:
      2 August 2024 at 15:09

      Neels, die wenners is op 12 Junie op Versindaba aangekondig. https://versindaba.co.za/2024/06/12/wenners-van-mediese-kompetisie/

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d