Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 February 20247 February 2024

Pirow Bekker. Breek (M)

 

Breek

 

Jammer, moet ek vanmôre bieg,

dat ek jou breek geval het,

bedtafeltjie, my nagtelike metgesel,

jou stinkhoutpote moeg;

jy wat voorkamerbestem moes wees

bedoel om kaas te staan

met hoogstens ‘n glasie wyn

op jou blad,

lê nou ineengedoke, plat.

 

Hierdie naguil het hom vasgevlieg

teen ‘n kragdraad, en neergetuimel

op ‘n boek vol ryke dwaashede,

‘n lamp in duisend splintertjies laat spat.

 

Ek sal die staander regsien, die kap

vir bedlig in posisie maneuvreer

om voort te gaan met pantser – ek

hoeka ‘n Covid-geknoude

naelskraap amper beswykte,

deur ‘n dokter met ledekantmaniere

as ‘n yster

summier bestempel.

 

Die menslikheid van ‘n Rex Ferrus

alias Danie Marais,

getroud met Sannie van Eensgevonden –

die Van Zyls se plaas op Viervoetvassteekberg

digby Modderpoort –

vir die oomblik buite orde.

 

Algou laat jongeheer hom met staal nie onbetuig,

speel van kleins af klaar met sesduimspykers,

sou glo die laaste spyker in die doodskis

tussen een hand se vingers buig.

Met ‘n skamel mens so ‘n yster

het die wêreld se medisynes

algar vervaldatum bereik,

kan ek laat gaan, kom wat wil.

Laat alles val wat nog kan val.

 

© Pirow Bekker, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Voltooide tuin (M)
Pirow Bekker. Sterstatus (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d