Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 February 20246 February 2024

Pirow Bekker. Voltooide tuin (M)

 

Voltooide tuin

 

Toe ek in die gesig gevat is

deur ‘n onrustige karsinoom

en ek uit die mos oorgroeide bank

van name

die regte een moes breek,

vierkantig onder oë moet sien,

het ek ontdek dat selfs so laat

as my origens “perdfris en gesond”

mooi broodjies vir die misbaksel

van ‘n kanker gebruik kon word:

let- en swelsel, groeisel en gewas.

 

Ek moes deur die vervalsings dring

om by die oorsprong uit te kom,

woord en beeld verbind –

eintlik voor die hand:

Vir die Grieke is “karkinos” ‘n krap,

hiervan is kanker afgelei: karkinoma –

die tentakels verdraai,

metameer gesprei.

 

Toe ek ‘n bundel oor die son

as onderhouer en tegelyk verwoester

van lewe, moes betitel

het ek dit sterk oorweeg

om dit Krap uit die son te doop,

maar toe besluit op Rasuur –

meer beknop, met die son

steeds die heersende figuur.

 

Met groter vryheid, ook van die taal

het ek weer aan my pa gedink.

Deur sy hele Jabbokstryd

is hy in die duisternis gehou

oor sy opponent – dié se identiteit

is selfs nie aan sy vrou verklap nie.

 

Tot met sy dood is sy uit puur genade

dié besonderheid gespaar.

Dat hy oorly het aan ‘n ongeneeslike kwaal

was destyds ver genoeg geopenbaar.

Skuld as ondermyner is uiteindelik gepak

op ‘n mindere inwoner:

skalks aan obskuriteit ontrukte

lewerslak.

 

Die trae dood is dus verklaar

met suggesties van ‘n tuin, ‘n paradys –

hy’t inderdaad op dorre Draaifontein,

van nuuts af tuis

met water uit ‘n boorgat

brak, ‘n tuin begin

en dié het alte mooi gedy

tot lokaas op die vlak –

opgelos die dood se raaisel,

kersie op die koek.

 

© Pirow Bekker, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Haydn skryf aan sy vervreemde vrou
Pirow Bekker. Breek (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d