Twee feë
I
Hoog in die takke van ’n denneboom
waardeur die laatmiddag se sonlig stroom,
sien ek iets roer soos vlerke van ’n fee,
maar my ma sê dit is dalk net ’n droom.
II
In die dubbelverdiepinghuis van klip
waar ’n kind in die gange kan verdwaal,
word fyn blomme uit die tuin op ’n bord
geplaas vir ’n ikebanafeeverhaal.
© Johann Lodewyk Marais, 2024
So treffend!