Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 February 202419 February 2024

Joan Hambidge. Die portretvers

 

I

Wat is ‘n portretvers? Dit is ‘n woordportret. In die skilderkuns is daar vele portrette, net soos in die musiek. Só sing Matt Monro or sy geliefde:

 

https://www.youtube.com/watch?v=WIJN03lBdBo    Besoek 13 Februarie 2024

There could never be a portrait of my love

For nobody could paint a dream-

You will never see a portrait of my love

For miracles are never seen

Anyone who sees her

Soon forgets the Mona Lisa

It would take, I know, a Michaelangelo

And he would need the glow of dawn

That paints the sky above

To try and paint a portrait of my love

It would take, I know, a Michaelangelo

And he would need the glow of dawn

That paints the sky above

To try and paint a portrait of my love

 

Inderdaad kan niemand ‘n droom skilder nie.

 

In 1980 verskyn Stephan Bouwer se Portrette private dele & kanttekeninge.

Vele portrette oor geliefdes, die televisiebedryf, die gay-bestaan en die lewe in al sy teenstrydighede. Hierdie bundel het Opperman as uitstekend beskou en dit aanbeveel vir publikasie ná sy siekte.

Ons dink ook hier aan Dolf van Niekerk se bundel Portrette in my gang (2015):

 

Uit: “Selfportret”

 

Kan die gesig tog sê,

moet ek eers leer wie ek is?

beelde aan die vergetelheid ontruk

vorm, kleur en lyn

aan ‘n enigma gee?

(62)

http://joanhambidge.blogspot.com/2016/01/dolf-van-niekerk-portrette-in-my-gang.html  Besoek 11 Februarie 2024

 

II

Daar kan ook ‘n portretvers oor ‘n ander digter wees.

So klink Diane Seuss se “Self-portrait with Sylvia Plath’s braid”:

 

Some women make a pilgrimage to visit it

in the Indiana library charged to keep it safe.

 

I didn’t drive to it; I dreamed it, the thick braid

roped over my hands, heavier than lead.

 

My own hair was long for years.

Then I became obsessed with chopping it off,

 

and I did, clear up to my ears. If hair is beauty

then I am no longer beautiful.

 

Sylvia was beautiful, wasn’t she?

And like all of us, didn’t she wield her beauty

 

like a weapon? And then she married,

and laid it down, and when she was betrayed

 

and took it up again it was a word-weapon,

a poem-sword. In the dream I fasten

 

her braid to my own hair, at my nape.

I walk outside with it, through the world

 

of men, swinging it behind me like a tail.

 

Copyright © 2015 by Diane Seuss. Originally published in Poem-a-Day on May 25, 2015, by the Academy of American Poets.

https://poets.org/poem/self-portrait-sylvia-plaths-braid Besoek 12 Februarie 2024

 

III

Die portret word in Eksteen se Sinoniem woordeboek soos volg gedefinieer:

Beeltenis, afbeelding, foto, portretfoto, skildery, portretskildery, portrettekening, afbeeldsel, konterfeitsel (272, 273). In Akwarelle van die dors (1982) vind ons hier die klein juweel:

 

Surrealistiese portret

 

‘n Skoelapper sit

onder jou kuif se wit:

jou neus is sy lyf,

sy vlerke jou oë se git.

 

Die skoelapper as beeld van transformasie: die werklike geliefde wat verander in die gedig-as-portret. Die swart oë aktiveer dalk ‘n pynlike einde? Gaan kyk in Chetwynd.

 

Ars poetica

 

‘n Vuur in Valaparaíso

mag dalk weer opvlam

weens ondergrondse wortels,

daardie netwerk tussen bome en plante

en digters op verskillende kontinente.

La Sebastiana, ‘n museum van Pablo Neruda,

glo nie hierteen bestand, nes die kleurryke huise,

kinderspeelgoed gebou op Bloedgrond

met die stad se oë swaar van rewolusie en opstand.

Die bome en plante en digters weet dit alles, van toe tot nou.

Op reis in Chili onthou ek daardie stad vannag

toe ‘n donker ‘n kooltjie gloei op my laken:

‘n vuur van onthou (soos) Leonardo Boff,

daardie Suid-Amerikaanse Katolieke priester,

indertyd ‘n sigaretstompie ontvang

uit Suid-Amerika tot in die verre, verre Duitsland

van sy oorlede vader toegedraai in ‘n brief:

‘n sakrament, ‘n tasbare verset

teen die swaarde en stokke van onreg.

(Joan Hambidge)

 

Portret van ‘n stad en ‘n reisherinnering op die spoor van Pablo Neruda. Ook ‘n verwysing na Cas Wepener se Ritmes en rites waarin hy skryf oor hierdie Katolieke priester.

http://joanhambidge.blogspot.com/2016/01/reisjoernaal-chili-2015-deel-xviii.html Besoek 13 Februarie 2024

‘n Werklike ervaring van ‘n stad (2015), nou geaktiveer deur ‘n brand wat ons terugneem na Neruda se huis. Die digter wat teen onreg was.

Ook ‘n herbesoek van Mattheus 26 en 27.

 

Miskien het die gedig toe reeds ontstaan?

https://www.chile.travel/en/where-to-go/destination/valparaiso/  Besoek 13 Februarie 2024

 

Die woordportret probeer iets opvang.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ingrid Jonker
Joan Hambidge. Pleonasme →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Die portretvers”

  1. Anne-Marie Bartie says:
    17 February 2024 at 14:27

    Weereens ‘n meesterlike stukkie lees. Toda raba!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief aan die tinktinkievrou
  • AVBOB Persverklaring
  • Miel Vanstreels. Maastricht – Godsheide
  • Marthé McLoud. Wring
  • Marthé McLoud. Nagmerries

Nuutste kommentaar

  1. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  2. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

  3. Riaan le Roux on Riaan le Roux. Verstil31 May 2026

    Foto wat beweegrede was vir my gedig: https://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2026/apr/10/the-week-around-the-world-in-20-pictures#img-2

  4. Johan Coetzee on RIV Francois Wahl de Jongh (14 Maart 1951 – 21 Mei 2026)30 May 2026

    Hartseer.

  5. hannes visser on Resensie: “tussen asem” (Hannes Visser)28 May 2026

    Baie dankie Marlies. Groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d