I
Wat is ‘n portretvers? Dit is ‘n woordportret. In die skilderkuns is daar vele portrette, net soos in die musiek. Só sing Matt Monro or sy geliefde:
https://www.youtube.com/watch?v=WIJN03lBdBo Besoek 13 Februarie 2024
There could never be a portrait of my love
For nobody could paint a dream-
You will never see a portrait of my love
For miracles are never seen
Anyone who sees her
Soon forgets the Mona Lisa
It would take, I know, a Michaelangelo
And he would need the glow of dawn
That paints the sky above
To try and paint a portrait of my love
It would take, I know, a Michaelangelo
And he would need the glow of dawn
That paints the sky above
To try and paint a portrait of my love
Inderdaad kan niemand ‘n droom skilder nie.
In 1980 verskyn Stephan Bouwer se Portrette private dele & kanttekeninge.
Vele portrette oor geliefdes, die televisiebedryf, die gay-bestaan en die lewe in al sy teenstrydighede. Hierdie bundel het Opperman as uitstekend beskou en dit aanbeveel vir publikasie ná sy siekte.
Ons dink ook hier aan Dolf van Niekerk se bundel Portrette in my gang (2015):
Uit: “Selfportret”
Kan die gesig tog sê,
moet ek eers leer wie ek is?
beelde aan die vergetelheid ontruk
vorm, kleur en lyn
aan ‘n enigma gee?
(62)
http://joanhambidge.blogspot.com/2016/01/dolf-van-niekerk-portrette-in-my-gang.html Besoek 11 Februarie 2024
II
Daar kan ook ‘n portretvers oor ‘n ander digter wees.
So klink Diane Seuss se “Self-portrait with Sylvia Plath’s braid”:
Some women make a pilgrimage to visit it
in the Indiana library charged to keep it safe.
I didn’t drive to it; I dreamed it, the thick braid
roped over my hands, heavier than lead.
My own hair was long for years.
Then I became obsessed with chopping it off,
and I did, clear up to my ears. If hair is beauty
then I am no longer beautiful.
Sylvia was beautiful, wasn’t she?
And like all of us, didn’t she wield her beauty
like a weapon? And then she married,
and laid it down, and when she was betrayed
and took it up again it was a word-weapon,
a poem-sword. In the dream I fasten
her braid to my own hair, at my nape.
I walk outside with it, through the world
of men, swinging it behind me like a tail.
Copyright © 2015 by Diane Seuss. Originally published in Poem-a-Day on May 25, 2015, by the Academy of American Poets.
https://poets.org/poem/self-portrait-sylvia-plaths-braid Besoek 12 Februarie 2024
III
Die portret word in Eksteen se Sinoniem woordeboek soos volg gedefinieer:
Beeltenis, afbeelding, foto, portretfoto, skildery, portretskildery, portrettekening, afbeeldsel, konterfeitsel (272, 273). In Akwarelle van die dors (1982) vind ons hier die klein juweel:
Surrealistiese portret
‘n Skoelapper sit
onder jou kuif se wit:
jou neus is sy lyf,
sy vlerke jou oë se git.
Die skoelapper as beeld van transformasie: die werklike geliefde wat verander in die gedig-as-portret. Die swart oë aktiveer dalk ‘n pynlike einde? Gaan kyk in Chetwynd.
Ars poetica
‘n Vuur in Valaparaíso
mag dalk weer opvlam
weens ondergrondse wortels,
daardie netwerk tussen bome en plante
en digters op verskillende kontinente.
La Sebastiana, ‘n museum van Pablo Neruda,
glo nie hierteen bestand, nes die kleurryke huise,
kinderspeelgoed gebou op Bloedgrond
met die stad se oë swaar van rewolusie en opstand.
Die bome en plante en digters weet dit alles, van toe tot nou.
Op reis in Chili onthou ek daardie stad vannag
toe ‘n donker ‘n kooltjie gloei op my laken:
‘n vuur van onthou (soos) Leonardo Boff,
daardie Suid-Amerikaanse Katolieke priester,
indertyd ‘n sigaretstompie ontvang
uit Suid-Amerika tot in die verre, verre Duitsland
van sy oorlede vader toegedraai in ‘n brief:
‘n sakrament, ‘n tasbare verset
teen die swaarde en stokke van onreg.
(Joan Hambidge)
Portret van ‘n stad en ‘n reisherinnering op die spoor van Pablo Neruda. Ook ‘n verwysing na Cas Wepener se Ritmes en rites waarin hy skryf oor hierdie Katolieke priester.
http://joanhambidge.blogspot.com/2016/01/reisjoernaal-chili-2015-deel-xviii.html Besoek 13 Februarie 2024
‘n Werklike ervaring van ‘n stad (2015), nou geaktiveer deur ‘n brand wat ons terugneem na Neruda se huis. Die digter wat teen onreg was.
Ook ‘n herbesoek van Mattheus 26 en 27.
Miskien het die gedig toe reeds ontstaan?
https://www.chile.travel/en/where-to-go/destination/valparaiso/ Besoek 13 Februarie 2024
Die woordportret probeer iets opvang.
Weereens ‘n meesterlike stukkie lees. Toda raba!