Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 March 202419 March 2024

Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Lucas Malan

 

I

Die digter Lucas Malan het ‘n studie geskryf, gebaseer op sy doktorale studie, Paradoks en Parabool: ‘n studie oor Ernst van Heerden se latere poësie.

In 1978 behaal hy ’n M.A.-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand met ’n verhandeling oor die digter Barnard Gilliland se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Gilliland is oorlede op 25 Augustus 1962 in ‘n motorongeluk. Veral sy bundel Veelhoek (1962) was belofteryk. Malan was ook kritikus vir De Kat oor die digkuns in die laat tagtiger- en negentiger jare.

Malan is in 2010 oorlede.

 

II

Lucas Malan (1946 – 2010)

Afspraak

Lucas Malan

 

Die uurwerk het haar enkel taak

weer stip volbring. Op ’n wintersdag

om kwart oor tien, op die tweede vlak

aan ’n kade, het die klok gestaak.

Kort tevore het die laaste uur geslaan.

Terstond het die merels buite verstom,

lont geruik en vervaard uitgeflap

na die Vondelpark. Daar, met krom

nek geboë in rougebaar, dryf nóg

so vorstelik, eenkant, ’n swaan.

 

3 Desember 2007

 

 Hierdie gedig is geskryf enkele dae ná haar dood. Uurwerk, klok, laaste uur verwys na tyd en haar afspraak met die dood.

‘n Afspraak impliseer immers altyd ‘n bepaalde tyd. Malan het eweneens ‘n bundel gelewer met die titel Tydspoor.

En die swaan aktiveer “Twee kleuters in die Vondelpark”, ‘n klassieke Eybers-vers. Smetloos geteken dryf daardie dubbelswaan …

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-twee-kleuters-in-vondelpark/  Besoek 17 Maart 2024

“Die enkel taak” (met die bekende reël: wreder molog van die woord) opgeneem in Onderdak (1968) betrek ook Lina Spies se studie oor Eybers en Emily Dickinson wat heet Die enkel taak: die merkwaardige verwantskap tussen Elisabeth Eybers en Emily Dickinson.

Hierdie gedig van Malan is ‘n decima of dizain (10 rls). Die sogenaamde “stand-alone” stanza.

Is hierdie gedig ook ‘n voorspelling van sy eie afspraak met die dood? ‘n Soort voorafwete of regmaak vir sy eie afspraak?

 Die eerste Afrikaanse gedig oor Emily Dickinson is dié van Elisabeth Eybers, opgeneem in Gedigte 1936-1958.

 

Emily Dickinson

 

Haar wete, ons vir ons gepuur uit pyn,

kon sy nie opweeg teen die wysheid wat

verhandelbaar en goedkoop is en glad:

later het sy nie meer op straat verskyn.

 

Die jare het niks van buite af ingebring;

die smal, intense liefde van ‘n vrou

waarvoor geen afset was het sy behou:

wonder, verlatenheid en duiseling.

 

Haar eensaamheid was geen verskansing maar

in stygende stoutmoedigheid ‘n swewe

om deur die raamwerk van die heelal te staar;

 

deur donker skagte het sy afgedaal

tot diepverborge bronne om die lewe

kristalsgewyse, helder, op te haal.

 

Malan se vers aktiveer vele verse van Eybers en die “diepverborge bronne” van intertekste en verwysings. Die digkuns as ‘n spel van paradoks en parabool. Of ‘n veelhoek. Of veral ‘n dubbelspel wat Eybers se swaan oproep.

En die gedig as rougebaar.

 

Bronne:

Eybers, Elisabeth. 1990. Versamelde gedigte. Kaapstad: Human & Rousseau.

Malan, Lucas. 1992. Paradoks en Parabool: ‘n studie oor Ernst van Heerden se latere poësie. Pretoria: HAUM-Literêr.

Malan se oeuvre:

  • ’n Bark vir die Ontheemdes, Tafelberg, Kaapstad (1981)
  • Tydspoor, Tafelberg, Kaapstad (1985)
  • Edenboom, HAUM-Literêr, Pretoria (1987)
  • Kaartehuis, HAUM-Literêr, Pretoria (1990)
  • Hongergrond, Human & Rousseau, Kaapstad (1994)
  • Afstande, Protea Boekhuis, Pretoria (2002)
  • Vermanings, Protea Boekhuis, Pretoria :(2008)

Spies, Lina.1995. Die enkel taak: die merkwaardige verwantskap tussen Elisabeth Eybers en Emily Dickinson. Kaapstad: Queillerie.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Eybers en ander digters
Joan Hambidge. Brief uit die vreemde →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d