Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 March 2024

Joan Hambidge. Eybers en ander digters

 

Johann de Lange het op November 18 in 2012 verse vir Eybers opgeneem op sy blog Kaapse paragrawe. Ons vind hier pastiches, palinodes, huldeblyke, gesprekke, selfs kwatryne in hierdie huldigingsverse.

http://johanndelange.blogspot.com/search?q=eybers

Besoek 10 Maart 2024

 

Verse vir Eybers

 

Lia Laimböck – Elisabeth Eybers. (40 x 40 cm – akriel & goudblaar op paneel – 1997) Versameling van  Museum van Letterkunde in Den Haag, Nederland

Inhoud

Hennie Aucamp – Vier kwatryne vir Eybers

Johann de Lange – Nadors

I.L. de Villiers – Hertogin

Antjie Krog – weer eens

Lucas Malan – Afspraak

Fanie Olivier – Roulynolie

Petra Müller – Amsterdam

Joan Hambidge – Elisabeth Eybers (1915 – 2007)

Joan Hambidge – Digteres as huisvrou

D.J. Opperman – Met apologie
Lina Spies – Twee gedigte vir Elisabeth Eybers: Jong dogtertjie

 

*****

Hennie Aucamp © Alex Emsley

 

I

Vier kwatryne vir Eybers

Hennie Aucamp

 

Slagspreuk

 

Met woorde van ’n redery

het ek dié kompliment berei:

dit was wel daar, maar in jóú spraak

word die sonnet opnuut volmaak.

 

Tafelrede

 

“Ek word van ironie verdink,”

het Eybers by ’n fees gesê;

geslepe is haar retoriek:

sy het in dubbelpraat belê.

 

Kuras

 

Gestreng en Wes-Transvaals

het haar digtertaal gebly,

al het sy ook van liewerlee

in poldernewels ingegly.

 

Lied

 

Hiermaals, namaals, in die niet

klink altyd nog die kokkewiet:

onbreekbaar is die klankverbinding

tussen sangers en hul lied.

3 – 4 Desember 2007

 

II

Kom ons kyk vervolgens na Hennie Aucamp se kwatryne vir haar.

In hierdie klein verse word Eybers se lewe en digkuns aangespreek:

‘n Slagspreuk, Tafelrede, Kuras en Lied.

Hy besing haar hantering van die sonnet en die ironie of dubbelspraak. Ten spyte van haar Nederlandse verblyf, bly haar digtaal steeds Afrikaans. Die kuras verwys na die gedig “Jong seun” waar die weerbaarheid én weerloosheid van die kind beskryf word.

 

Jong seun

Elisabeth Eybers

Why were we crucified into sex?

Why were we not left rounded off,

And finished in ourselves?

D.H. Lawrence
Die seun klim druipend uit die bad,

sy hele lyf is gaaf en glad

 

en heel tot in die holte van

sy nael waaroor ‘n seepbel span,

 

Strak ledemate, ribbekas

hoekig en hard soos ‘n kuras,

 

handdoek in hand staan hy bereid,

gerig en toegerus tot stryd.

 

Tog, onvolkome afgerond,

hoe sal die lewe hom nog wond:

 

in sy Achilleskern vind

hy geen beskutting – man of kind:

 

geheg aan die benedebuik

waar blink haarrankies reeds ontluik,

 

deuraar, teer soos ‘n ooglid, sag

soos murg, hang weerloos die geslag.

 

Neerslag. 1958. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, Bpk.

 

Aucamp verwys véral na Eybers se gebruik van woorde met ‘n dubbel-betekenis.

Soos:

Liewerlee beteken gradually op syn Engels.

In die laaste kwatryn word die musiek en musikaliteit van haar verse besing. Die liggaamlose taal van die musiek. Dit verwys na die bloemlesing van Koos Human, haar uitgewer, wat in 1996 verskyn het.

Hiermaals en namaals aktiveer dubbelbetenisse.  Hiermaals is hiernamaals.

https://ngkerksomerstrand.co.za/kolossense-26-23-christus-in-ons-verander-ons-hiermaals/

Besoek 11 Maart 2024

 

namaals

bw., hierna, later: indien deze vijgeboom dan geen vruchten zal voortbrengen, zo zult gij hem namaals uithouwen (Luc. 13 : 9). Die Afrikaanse weergawe:”As hy dan vrug dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.”

Eybers se vader was predikant en sy sou hierdie teks geken het oor die “Gelykenis van die onvrugbare vyeboom”.

 

II

Die slagspreuk of aforis as stylfiguur is bekend aan Aucamp:

 

“Kies jou vyande met groot oorleg. ’n Toegewyde vyand is ’n groot inspirasiebron.”

Pluk die dag, 1994.

 

Daar is eweneens reëls van Eybers wat ons almal ken en wat klassieke status verower het.

In die tweede vers word die retoriek of prosodie van die digkuns beklemtoon. Die dubbelspraak word dubbelpraat in die bedankingstoespraak van die digter wanneer sy ‘n prys ontvang.

In die derde een word die “afstand en verbintenis” (soos Ena Jansen beklemtoon): die harde Wes-Transvaalse landskap teenoor die aankoms in Nederland: die voetjie-vir-voetjie deel word van ‘n nuwe bestaan.

Die laaste een wys op die sang. Die kokkewiet, ‘n eg Suid-Afrikaanse voël, word hier ‘n simbool van die digkuns. Is die kokkewiet gewoon net hier ingespan die rym ontwille? Of wil hy iets meer impliseer? Dalk die feit dat die naam verwys na die vroulike een se geroep?

Kokkewiet ook genoem die bokmakierie:

Afrikaans

 

 

Kokkewiet, more widely known as “bokmakierie”, a species of bushshrike Telophorus zeylonus

Etymology

Onomatopoeic, from the female’s call

Noun

kokkewiet (plural kokkewiete)

A southern African bird Telophorus zeylonus: a bokmakierie, a predominantly yellow and green shrike with a loud, musical, antiphonal song. A narrow black stripe extends from the eye and the base of the beak as a collar across the throat; the breast is a brilliant yellow. The back is a slightly olive green, the head grey.

https://en.wiktionary.org/wiki/kokkewiet  Besoek 10 Maart 2024

 

En kyk hoe speel hy met die verskillende vorme van die kwatryne in sy teleskopering van Elisabeth Eybers. ‘n Fyn en onderskatte digterskap wat terugpraat met Eybers.

 

Joan Hambidge

11 Maart 2024

 

Bronne:

Aucamp, Hennie. 1994. Pluk die dag. Kaapstad: Tafelberg.

Human, Koos. 1996.  Liggaamlose Taal. Kaapstad: Human & Rousseau.

Jansen, Ena. 1996. Afstand en verbintenis. Elisabeth Eybers in Amsterdam. Pretoria: J.L. van Schaik.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Portretvers (Eybers)
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Lucas Malan →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d