Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 March 202423 March 2024

Huldeblyk: Menno Stenvert (14 Maart 1943 – 14 Maart 2024)

Menno Stenvert

 

Menno Stenvert is op 14 Maart 1943 gebore in Breda, Nederland, en hy sterf Donderdag 14 Maart 2024 op sy 81ste verjaarsdag op Stilbaai in die Wes Kaap. Hy emigreer op 3-jarige ouderdom saam met sy ouers na Suid-Afrika en groei op in Pretoriawaar hy skoolgaan in Menlopark en op Afrikaans Hoër Seunskool waar hy in 1961 matrikuleer. Hy skryf in 1962 in aan die Universiteit van Pretoria waar hy in die medisyne studeer. Hier was hy ‘n klasmaat van Phil du Plessis en ‘n tydgenoot van Casper Schmidt, beide ook jong digters.

 

Digter Hendrik J. Botha saam met Menno Stenvert

 

Stenvert dig reeds van skool af, maar dit sou eers as student vir hom werklik ‘n erns raak. Hy was aanvanklik op die redaksie van Wurm, maar nie werklik andersins baie betrokke by die Wurm-groep avant-garde digters wat in daardie tyd baie aktief was in die noordelike deel van die land nie. Hy woon wel die weeklikse poësie-aande by die Grapevine by waar hy benewens du Plessis en Schmidt ook vir De Waal Venter, Marié Blomerus, Coenie Rudolph, Wilhelm Knobel en Joan Lötter leer ken. Van sy vroeë gedigte, wat meestal in Nederlands geskryf was, word ook in die tyd gepubliseer in Wurm sowel as in Tydskrif vir Letterkunde, asook in die jaarblad van die Universiteit van Pretoria.

In 1966 word van sy Nederlandse gedigte saam met dié van D.P.M. Botes en De Waal Venter in die bundel Klawer gepubliseer. In 1965 word hy raakgesien deur D. J. Opperman en word vyf van sy Afrikaanse gedigte in Stiebeuel 2 opgeneem. Dis egter eers in 1986 dat hy formeel debuteer met ‘n solo-bundel, Vrugvlies, uitgegee deur Tafelberg Uitgewers. Hy sou later ook in verskeie bloemlesings opgeneem word, nl. Poskaarte (1997) deur Louise Viljoen en Ronel Foster, Die dye trek die dye aan (1998) van Johann de Lange en Antjie Krog asook in Die Afrikaanse poësie in duisend en enkele gedigte (1999) van Gerrit Komrij.

Stenvert sou nooit weer in Afrikaans publiseer nie. In ‘n onderhoud bestempel hy die rede as multifaktoriaal. Hy skilder ook en het baie meer tyd daaraan begin spandeer, maar negatiewe resensies op Vrugvlies het hom in sy eie woorde “gekwets gelaat”. ‘n Faktor wat met die ontvangs van Vrugvlies grootliks misgekyk is, is die feit dat 15 van die 42 gedigte in die bundel as “mediese poësie” getipeer kon word. Dit was dus die mees uitgebreide voorbeeld van ‘n dokter wat oor sy vakgebied dig. (Henk Rall het dit weliswaar voor hom reeds op ‘n meer beperkte skaal gedoen.)

Wurm

 

Ek krul op en word

sakro-lumbaal

ontsmet met spiritus

en sterile afgedek.

Vingers waarsku, bepaal

gesperde werwelspasies,

stoot ‘n naald deur huid

en weerlose segment:

om senuwees geknak

verdig die sigbare pigment.

Uit Vrugvlies (1986:50)

Ek het Menno Stenvert geken vanaf 1997, as kollega en vennoot saam met hom gewerk tot en met sy aftrede in 2008. Daarna het ek van tyd tot tyd met hom gekommunikeer en hom ook gaan besoek op Stilbaai waar hy en sy vrou gaan aftree het. Hy was ‘n skerpsinnige man wat sag en min gepraat het en eers gedink het voor hy gesê het, sagmoedig met ‘n sterk bewussyn vir regverdigheid en medemenslikheid en ‘n oop hart en hand.

Opsommend: Hy was ‘n goeie man… ek gaan hom mis.

My simpatie en meegevoel betuig ek graag namens myself, en ek glo namens die Afrikaanse letterkundige gemeenskap met sy vrou Krysia asook sy drie seuns uit sy eerste huwelik en uiteraard met alle ander vriende en familie.

Rus in vrede Menno.

Hendrik J. Botha

Bronnelys:

Hendrik J Botha: 2014: Essay: Dokters as Digters in die Afrikaanse Letterkunde. UCT.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← RIV Menno Stenvert
Joan Hambidge. Eybers en siekte →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d