Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 March 2024

Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Lina Spies

 

I

Lina Spies se antwoord op Eybers se “Jong seun” open ‘n fassinerende gesprek. Dit is soos twee doppe van ‘n skilpad: die twee verse sluit volmaak.

Eybers se gedig, ‘n distigon, gee die perspektief van ‘n moeder op ‘n jong seun se seksuele ontwaking. Spies se gedig kyk na die jong dogtertjie se seksuele ontwaking.

Eybers se vers staan opgeteken in Neerslag in 1958. Spies se vers verskyn in Digby vergenoeg in 1971.

Albei digters gebruik D.H. Lawrence as motto vir die seksuele ontwaking van die kind. Inderdaad is Spies se gedig “a searching for the complement” of voltooiing van die Eybers-vers. Lawrence se roman Women in love (1920) verwys na die vy as die vroulike geslagsorgaan.

Sy provokatiewe roman Lady Chatterley’s lover (1928) bly ‘n belangrike baken in die oopskryf van die seksuele; die sogenaamde seks-as-godsdiens. ‘n Roman wat vele aanklagte van obseniteit moes verduur.

Eybers en Spies:

Sang en teensang.  Woord en wederwoord.  Oor die distigon het die digter Aniel Botha insigryk geskryf:

https://anielbotha.wixsite.com/aniel/distigon  Besoek 23 Maart 2024

Eybers se vers is beheersd, onsentimenteel; waarskynlik hierom die distigon?

Spies se gedig is ‘n vrye vers en meer emosioneel.

Soos Aniel Botha tereg verder opmerk:

Eybers bind vorm en inhoud verder saam tot hegte eenheid deur haar uiters vaardige gebruik van die distigon se rympatroon. Woorde wat inhoudelik belangrik is en sleutels bied tot die lees van die gedig word dikwels beklemtoon deur hulle in rymposisies te plaas. Sy verhoed egter dat die rympatroon vervelig raak deur oordeelkundig gebruik te maak van enjambement. Buiten die voorgeskrewe rympatroon van die distigon, wend Eybers ook ander klankpatrone as bindingsmiddele aan. Sy maak byvoorbeeld dikwels gebruik van alliterasie en binnerym.

Kyk weer na “Jong seun”:

 

…

 

Strak ledemate, ribbekas

hoekig en hard soos ‘n kuras,

 

handdoek in hand staan hy bereid,

gerig en toegerus tot stryd.

 

Tog, onvolkome afgerond,

hoe sal die lewe hom nog wond:

*

En dis daardie tog wat die Eybers gedig so uitsonderlik maak.

By Spies word die wending ‘n dan, ‘n soort konklusie.

Die verse is eweneens portretverse.

Dit neem die leser terug na Bloeityd: Verse oor kinders (Tafelberg, 1993) – saamgestel deur Johann Johl en Rika Cilliers – ʼn bloemlesing met verse oor kinders – is ‘n pragversameling.

 

II

Beide verse problematiseer ‘n genderdiskoers. En nou is hierdie leser gewoon besig om duiwelsadvokaat te speel: hoe oud is die seun wat deur die moeder waargeneem word?

Word sy privaatheid dalk betree? Dieselfde geld Spies se vers wat skryf oor “die vlesige klein skulp”.

Was dit “reg” dat Francis Ford Coppola in The Godfather (1972) sy dogter gebruik het in hierdie film?

Maar al hierdie tekste bewys dat groot letterkunde (en films) alle ideologiese of morele besware uiteindelik van die tafel vee.

Barbara Johnson verwys na Susan Gubar se “‘The Blank Page’ and Female Creativity”:”When the metaphors of literary creativity are filtered through a sexual lens, female sexuality is often identified with textuality…This model of the pen-penis writing on the virgin page participates in a long tradition identifying the author as a male who is primary and the female as his passive creation – a secondary object lacking autonomy, endowed with often contradictory meaning but denied intentionality”(in Bloom, 1989:  220 – 221).

Dalk relevant.

 

Lina Spies

 

Uit: Twee gedigte vir Elisabeth Eybers
Lina Spies

 

Jong dogtertjie
Sex, which breaks us into voice, sets us calling across the deeps,
calling, calling for the complement…
     D. H. Lawrence

 

Jy staan voor my net met jou heuninglyfie,

die see se soutsmaak teen jou gladde vel,

sy kleur voorlopig in jou oë bewaar,

die sonlig in jou haartjies vasgestrik.

 

Van die laaste klere-lastigheid

het jy sonder seremonie ontslae geraak

en skaamte-onbewus vertoon die vlesige klein skulp

met sy dubbelvou na binne tot die smal gleufie

wat voorlopig alle toegang ontsê,

nou nog haarloos en oesterpienk totdat op dertien jaar

die see sal grys word in jou helder oë.

 

Dan sal jy gretig en angsvallig

na die verbode pêrel soek

maar die see en naakte son

sal jy nooit weer volledig ken nie

voordat ’n ander vlam jou tot die laaste

wit pit teen die blaker brand

 

Bronne:

Eybers, Elisabeth. 1958. Neerslag. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, Bpk.

Johnson, Barbara “Les Fleurs du mal armé: Some Reflections” in  Harold Bloom (red.) 1987. Stéphane Mallarmé – Modern critical views. New York: Chelsea House Publishers.

Spies, Lina. 1971. Digby vergenoeg. Kaapstad: Human & Rousseau.

Bloeityd: Verse oor kinders (Tafelberg, 1993) – saamgestel deur Johann Johl en Rika Cilliers.

 

 

First time

Honor Moore (Amerikaanse digter)

 

In the back bedroom, laughing when you pull

something fawn-colored from your black

tight pants, the unzipped chino slit.

I keep myself looking at the big belt

buckled right at my eyes, feel the hand

riffle my hair: You are called Mouse, baby-

 

sitter trusted Wednesdays with my baby

brother. With me. I still see you pull

that huge bunch of keys from a pocket, hand

them to my brother, hear squeaking out back

Mrs. Fitz’s clothesline as you unbelt,

turn me to you, my face to the open slit.

 

It’s your skin, this thing, head, its tiny slit

like the closed eye of a still-forming baby:

As you stroke, it stiffens like a new belt –

your face gets almost sick. I want to pull

away, but you grip my arm: I tell by your black

eyes you won’t let go. With your left hand

 

you take my chin. With your other hand

you guide it, head reddening, into my slit,

my five-year old mouth. In the tight black

quiet of my shut eyes. I hear my baby

brother shaking the keys. You lurch, pull

at my hair. I don’t breathe, feel buckle, belt,

 

pant. It tastes lemony, musty as a belt

after a day of sweat. mouth hurts, my hands

push, push at your hips. I gag. you let me pull

free. I open my eyes, see the strange slits

yours are; you don’t look at me. “Babe, babee -”

You are moaning, almost crying. The black

 

makes your skin clam-white now, your jewel-black

eyes blacker. You buckle up the thick belt.

When you take back the keys, my baby

brother cries. You extend a shaking hand

you make kind. In daylight through the wide slit

an open shade leaves, I see her pull,

 

Mrs. Fitz pulling in her rusty, soot-black

line. Framed by the slit, her window, her large hands

flash, sort belts, dresses, shirts, baby clothes.

 

Opgeneem in:

Morse, Carl & Larkin, Joan 1988. Gay & Lesbian poetry in our time – An anthology. New York: St. Martin’s Press.

 

Joan Hambidge

24 Maart 2024

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Brief uit die vreemde
Aangenaam! Onderhoud met Joan Hambidge →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Stephan du Toit. Witgatboom
  • Anne-Marie Bartie

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Winternag
  • Vincent Oliphant. Soos
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale
  • 100 Duitse Bestes: Elisabeth Borchers (1926-2013)
  • Ilse van Staden. tuiskoms

Nuutste kommentaar

  1. Aldre Lategan on Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik11 November 2025

    Dankie, Joan, jou resensie is net so 'n lekkerte om te lees soos Philip se boek.

  2. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  3. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  4. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d