Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 April 20245 April 2024

Hendrik J. Botha. Docere (M)

 

Docere

vir my narkose leermeesters van weleer…

 

Stuk vir stuk word ‘n skip gebou;

boeg en spriet en takelwerk,

elke grein perfek in plek

om op ‘n windstil dag te water te laat,

hande kneukelwit op die roer

met een oog op die kim,

die ander op die seil wat bollend beur.

 

Die skip eers regs dan links laveer

alvorens jy op onstuimiger waters waag

waar branders oor die boeg mag breek,

die wind soutsproei in jou oë waai

met mas wat kraak en seil wat dreig

om los te skeur eer jy plotseling

die hawe binnevaar, vasmeer teen die kaai.

 

Dan uitgestrek op ‘n beskutte strand,

hande agter die kop gevou

lê en kyk hoe vlaswit wolke

verbydryf teen die blou,

teen die blou.

 

© Hendrik J Botha  03/2024

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Hendrik J. Botha. Docere (M)”

  1. Hennie Nortjé says:
    5 April 2024 at 17:51

    Ek hoop dat jou leermeesters van weleer hierdie eerbetoon na behore sal waardeer.
    Lieflik wiegend en hopenlik net die voorspel( pre-medikasie?)tot die volgende meevoerende bundel?

    Reply
  2. Herman says:
    4 April 2024 at 10:59

    Uitstekend verbeeld. Ek hou veral van die woorde wat nie algemeen gebruik word nie en hier ‘n baie sterk beeld skep… boeg, spriet, takelwerk,grein, kreukelwerk, bollend, laveer en soutsproei.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d