palliatief
as die siekte wat die liggaam
tot die punt van ad extremis verteer het
se angel nie meer gevrees
of erken word nie
word eens hoopvolle oë berustend
en is die enigste behoefte wat standhou en oorbly
aan dienende hande
wat versorg en gemaklik hou
tot die sterwensuur
van die vernielde liggaam en sy terminator
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024