Breyten(bach)
met respek aan ‘n meester
jy het weggegaan, verHuis
sonder dat ek jou (ooit sou) ken
~ wat ‘n persoonlike verlies ~
die poësie in jou beleë oë
het tot rus gekom
maar deur jou nalatenskap
sal jou lig altyd brand
elke dag en elke nag…
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024