Barend J. Toerien (1921-2009) se eerste bundel gedigte het in 1960 verskyn. Sy werk het van vroeg af “anders” geklink as dié van sy tydgenote, waarskynlik omdat hy reeds in 1947 op 26-jarige ouderdom die land verlaat het.
Toerien woon die grootste deel van sy lewe in die VSA. Benewens nostalgiese verse oor sy jeugwêreld – die plaas Steenwerp teen die berg suid van Porterville- skryf hy unieke natuurverse oor die Catskill-streek van die staat New York. Die hoogtepunt van sy werk is die bundel ’n Plek op die land. Catskillverse (1985). (’n Mens sou hom ’n Afrikaanse Robert Frost kon noem.) Verder val sy gedigte op deur ’n speels-satiriese toon en aweregse erotiek.
Toerien beoefen ’n groot verskeidenheid versvorme. Hy is ’n bedrewe beoefenaar van die vrye vers en die “praatvers”, maar hy skryf ook rymende formele versvorme soos die limerick en sonnet. In die bundel Illusies, elegieë, oorveë, transfusies van 1975 staan daar ’n indrukwekkende reeks sosiaal-kritiese “Shakespeariaanse sonnette”. ’n Keur van sy werk, Om te onthou, verskyn in 2006 by Protea Boekhuis. Toerien is op 4 September 2009 oorlede.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]