Internet-verslawingsversteuring
Hy’t homself vergeet, die ywer is weg,
hy’s nou kuberwese, sy lot besleg;
hy’s liggaamlik vasgenael voor ‘n skerm,
maar, o, hy klets aaneen,
of belewe so die metropolisse,
en die grootse vistas van die aardbol,
maar dis alles net klankseine en lig,
‘n verbeeldingswêreld wat sy siel blus –
die ontdekker en eens wyse, het slaaf geword,
wat nog wou arbei en peins,
maar nou willoos is.
© Ferdi Wheeler, 2024