DIE NAAKTE FOTO
Op die rekenaarskerm
is ʼn naakte foto vergroot
verbeelding is oorbodig
elke detail is teenwoordig
Die geoefende oog
van ʼn radioloog
sien duidelik die probleem
op die ontblote heupbeen
Die linker kop en potjie
ietwat wasig uitgebeeld
toon duidelike verwering
van jare se ontbering
Die ortopediese chirurg
ontvang die bevinding terug
en begin met fyn beplanning
vir ʼn gewisse heupvervanging
Met die naakte foto voor hom
op sy rekenaar
vergroot
© Lenie Coetzee, 2024

Die weerloosheid van naaktheid.